Minstens 100 mense beseer in Oos-Kaapse storm
Minstens 100 mense beseer in Oos-Kaapse storm

Minstens 100 mense beseer in Oos-Kaapse storm

Die Oos-Kaapse dorp Mthatha is Maandag deur 'n stormsterkwind geruk en mintens 100 mense is beseer.
Ronelle Rademeyer
Cara-Lee Dorfling en Alvené Appollis



Bome is ontwortel en huise se dakke is Maandagmiddag deur stormsterkwind in die Payne-nedersetting in Mthatha in die Oos-Kaap weggewaai.

Inwoners het saam met die polisie en verkeersbeamptes gewerk om die paaie, wat deur takke versper was, op te ruim.

Sizwe Kupelo, provinsiale gesondheidswoordvoerder, sê sewe mense van die Mqanduli-nedersetting in Mthatha is tydens die storm deur weerlig getref. Hy sê hulle is na ver­skeie hospitale en klinieke in die omgewing gehaas.

Kapt. Mpenduli Kondo van die ­Oos-Kaapse rampbestuur sê minstens 100 mense is tydens die storm beseer.

Kupelo sê in die stadium weet hy nie hoe ernstig enige van die beserings is nie, maar dat daar geen sterftes aangemeld is nie.

Volgens Kondo is die omvang van die skade nog nie bepaal nie.

“Dit was chaos. Die stormsterkwind het (plakkers)huise se dakke die een na die ander laat opwaai,” sê Kondo.

Hy sê die vier nedersettings, Payne, Qweqwe, Vegsville en Mqanduli in Mthatha, is die ergste getref.

“Ons beamptes het deurnag gewerk om takke en huisdakke uit die paaie te verwyder.

“Dit was nog te donker om die totale skade aan huise te kan bepaal, maar dit sal eerste ding vanoggend (Dinsdag) gedoen word,” het Kondo gesê.

In Mdantsane was die storm deur sterk winde vergesel wat ook talle plakkershuise verwoes en inwoners sonder heenkome gelaat het. Kupelo sê van die inwoners is by die naaste gemeenskapsale gehuisves.

By die Mdantsane-winkelsentrum is van die deure en vensters ook in dié storm verwoes.

Nog donderstorms is gister oor dele van die Oos-Kaap verwag.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!