Minstens 100 sterf, 20 000 verskuif weens oorstromings
Sowat 20 000 mense in die ooste van Kenia moes na droë grond geskuif word ná weke van oorstromings, grondstortings en swaar reënbuie.
eNCA berig Kenia se Rooi Kruis skat minstens 100 mense is sedert begin April dood. Dit word as 'n humanitêre ramp beskryf wat dringende finansiering benodig.
“Ek het 12 hoenders en vier bokke verloor. Ons was nie in staat om al ons vee te red nie. Ek kan ook nie toegang tot my huis kry nie, want die deur kan nie oopmaak nie,” sê Hiribae Mame oor haar beskadigde huis in die Tanarivier-streek aan die kus.
Haar jongste dogter, wat sy op haar nek dra, se voete het net-net aan die water geraak – so hoog was die watervlak.
Handgemaakte bote word gebruik om mense, diere en goedere na droë grond te vervoer.
Oorstromings het paaie in die noordelike en kusgebiede van Kenia afgesper.
Die hoofroete van die hoofstad Nairobi na die grootste hawe, Mombasa, was verlede week heeltemal onder die water bedek.
Agt mense is Vrydagaand in die dorp Murang'a dood toe modderstortings hul huise vernietig het.
Abbas Gullet, sekretaris-generaal van Kenia se Rooi Kruis-vereniging, sê die weermag en polisie het helikopters vir reddingspogings ingespan, maar meer hulp word benodig.
Siektes wat deur die water veroorsaak word, is 'n bykomende kommer.
“Ons wil die regering vra om dit tot 'n nasionale ramp te verklaar sodat doelbewuste pogings aangewend kan word om hulpbronne te mobiliseer sodat die mense wat geraak word, hulp kan ontvang. Ons benodig 'n nasionale rampfonds.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie