Minstens 14 dood in aanval op heiligdom
Afganistan
’n Gewapende man het gister 14 mense by ’n heiligdom in Kaboel, Afganistan doodgeskiet.
Volgens ’n ooggetuie was die aanvaller in ’n polisie-uniform geklee.
Die aanvaller is op die toneel doodgeskiet.
’n Woedende skare het die oorskot van die vermeende aanvaller omring en sy lyk geskop totdat die polisie tussenbeide getree het.
Die aanval het by een van Kaboel se grootste heiligdomme plaasgevind, waar Sjiïtiese Moslems byeengekom het om die Ashoera heilige dag te herdenk. Volgens Moslem-oorlewering is dit die dag in die sewende eeu waarop die kleinseun van die profeet Mohammed dood is.
Niemand het nog aanspreeklikheid vir die voorval aanvaar nie.
Afganistan het grootliks wydverspreide sektariese geweldpleging tussen Soeni- en Sjiïtiese Moslems vrygespring, maar die Sjiïtiese minderheid kla oor diskriminasie en toenemende bedreigings. Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie