Minstens 14 dood in aardbewing in Haïti
Reddingsorganisasies het hulle na die noorde van Haïti gehaas nadat ’n aardbewing Saterdag verskeie dorpe geruk het. Minstens 14 mense is dood en honderde beseer.
Die middelpunt van die aardbewing van 5.9 het op ’n diepte van 11,7 km naby die noordelike kus voorgekom, luidens die Amerikaanse geologiese agentskap (USGS). Huise en ander geboue is platgevee in die dorpe wat die ergste geraak is.
’n Naskok van 5.2 is Sondag ervaar, maar dit het nie verdere skade aangerig nie.
Dit is die sterkste aardbewing op die eiland sedert 2010 toe duisende mense in ’n aardbewing van 7.0 dood is. Pres. Jovenel Moïse het bykomende polisie- en weermaghulpbronne na die gebied ontplooi en onderneem om die slagoffers en hul families by te staan. Kos en mediese voorraad is ook reeds na die gebied gestuur. Beseerdes word hier in 'n tent in Port-de-Paix behandel. Foto Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie