Minstens 20 dood toe aardbewing Italiu00eb tref
Minstens 20 dood toe aardbewing Italiu00eb tref

Minstens 20 dood toe aardbewing Italië tref

Geboue in puin gelê, baie mense nog vermis
Estelle de Bruyn
’n Aardbewing het ’n string dorpe in die bergagtige sentrale deel van Italië gisteroggend in puin gelê en inwoners onder hope rommel vasgekeer. Minstens 20 mense het omgekom en talle is vermis.
Die aardbewing het in die vroeë oggendure plaasgevind toe die meeste mense geslaap het. Wonings is in puin gelê en paaie is onbegaanbaar gemaak in dorpe en nedersettings ongeveer 85 kilometer noordoos van Rome.
Nooddienste het ’n lugfoto vrygestel wat toon dat hele gebiede van die dorp Amatrice, platgevee is met rommel wat die strate in nabygeleë Accumoli vol lê.
“In die daglig kan ons sien dat die situasie veel erger is as wat ons vermoed het, met geboue wat in duie gestort het, mense wat vasgekeer is onder die rommel en geen geluid van lewe nie,” het Accumoli se burgemeester, Stefano Petrucci, gesê.
Wye krake was sigbaar in die mure van geboue wat staande gebly het.
Inwoners het met hul kaal hande in die rommel gegrawe voor nooddienste met toerusting en snuffelhonde bystand verleen het.
Aangesien dit somer is, is die inwonertal in die gebied aansienlik hoër as in die res van die jaar, met baie toeriste en besoekers wat hulle in die landelike gebied bevind het.
Amptenare sê ses mense is dood in Accumoli en ’n verdere ses in Amatrice. Sky Italia televisie het berig dat tien mense in die nabygeleë nedersetting, Pescara del Tronto, dood is. Nagenoeg 100 mense was in die nedersetting Arquata del Tronto vermis.
“Driekwart van die dorp is nie meer daar nie,” het Amatrice se burgemeester, Sergio Pirozzi, aan die staatsuitsaaier, RAI gesê. “Die oogmerk is nou om soveel lewens as moontlik te red. Ons hoor stemme onder die puin en ons moet daardie mense red,” het hy gesê.
’n Reuters-verslaggewer het berig dat die hospitaal erg deur die aardbewing beskadig is en dat pasiënte na die strate verskuif is.
Die aardbewing het skade in drie streke, Umbrië, Lazio en Marche veroorsaak.
Volgens die Amerikaanse geologiese opnamediens, het die aardbewing 6,2 op die Richterskaal geregistreer en was die middelpunt naby die stad, Norcia in Umbrië.
Die skade is vererger omdat die middelpunt redelik vlak, ongeveer vier kilometer onder die oppervlak, voorgekom het.
Italië is op twee foutlyne geleë wat dit een van die mees seismies-aktiewe lande in Europa maak.
Die laaste groot aardbewing was in 2009 toe meer as 300 mense in die sentrale stad, L’Aquila, gesterf het. -Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!