Minstens 24 sterf by skool
Minstens 24 sterf by skool

Minstens 24 sterf by skool

NAMPA
Minstens 24 mense, onder wie 22 studente tussen die ouderdomme van 13 tot 17 jaar, is in ’n brand dood wat Donderdagoggend in ’n koshuis van ’n Islamitiese skool in Kuala Lumpur, Maleisië, uitgebreek het.

Die vermoede is in die stadium dat ’n kortsluiting op die boonste verdieping van die koshuis die brand veroorsaak het omdat die meeste slagoffers hier gevind is.

Volgens die plaaslike brandweer het die koshuis glo net een uitgang wat daartoe gelei het dat van die slagoffers vasgekeer was. Omstanders sê hulle het die vasgekeerdes se hulpkrete gehoor.

Honderde mense, onder wie die families van die slagoffers, het buite die skool saamgedrom terwyl die slagoffers uit die gebou gedra is.

Sewe mense is in die brand beseer en 11 ander is ongedeerd.

By die Darul Quran Ittifaqiyah bestudeer studente die Koran. – Nampa/Reuters/Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!