Minstens 250 IS-lede sterf in lugaanvalle
Die VSA en sy koalisievennote het ’n reeks dodelike lugaanvalle op militante van die Islamitiese Staatgroep (IS) naby die Irakse stad Falluja uitgevoer om dié groep nog ’n terugslag op die slagveld toe te dien.
Amerikaanse amptenare het aan Reuters gesê voorlopige aanduidings is dat minstens 250 militante omgekom het en 40 voertuie in dié optrede vernietig is.
Die aanvalle het volgens die amptenare Woensdag suid van Falluja plaasgevind.
Die Irakse regering maak daarop aanspraak dat hy IS onlangs uit dié stad verdryf het as deel van verskerpte militêre optrede in Irak en Sirië teen die terreurgroep deur die VSA en sy koalisievennote.
’n Groot aantal inwoners het as gevolg van dié gevegte uit die stad gevlug.
Ondanks IS se militêre terugslae bestaan kommer steeds oor die groep se voornemens en vermoë om terreuraanvalle, ook in ander lande, uit te voer.
Turkye het juis die vinger na IS gewys ná Dinsdagaand se bloedige selfmoordaanval op die Atatürk-lughawe by Istanboel waarin minstens 42 mense gesterf het en talle ander beseer is.
Intussen het die Turkse uitsaaier, TRT, gesê dat veiligheidsmagte 13 mense, insluitende drie buitelandse burgers, in hegtenis geneem het in verband met die terreuraanval op die Atatürk-lughawe. - CNN/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie