Minstens 40 dood in lugaanval in Libië
Minstens 40 mense is in Libië dood en 80 beseer ná ’n lugaanval net buite die hoofstad, Tripoli.
’n Beampte van die departement van gesondheid sê ’n sentrum vir migrante in Tajoura, ’n voorstad sowat 14 km buite die hoofstad, is geteiken.
Daar word meestal migrante uit Afrika gehuisves, wat Libië gebruik as ’n halfweghuis op pad na ’n beter lewe in Europa. Baie kinders word saam met hul gesinne in die sentrums deur die regering gehuisves.
Die sentrum in Tajoura is langs ’n militêre kamp geleë.
Malek Mersek, ’n woordvoerder van die regering se nooddienste, het die dodetal bevestig.
Volgens AFP was daar 120 mense in die loods waar die migrante gehuisves is, dus kan die dodetal styg.
Die regering van Fayez al-Serra, wat deur die Verenigde Nasies erken word, het die lugaanval op die “oorlogsmisdadiger” Khalifa Haftar blameer.
Die regering sê in ’n verklaring dit was ’n voorbedagte aanval wat met militêre presisie uitgevoer is.
Haftar is die leier van die Libyan National Army (LNA), ’n parallelle administrasie in die ooste van die land. Die LNA is in gevegte met soldate betrokke in die gebied waar die lugaanval uitgevoer is, berig die BBC.
’n Woordvoerder vir die LNA het egter aan Reuters gesê sy soldate het nie die aanhoudingsentrum vir migrante getref nie.
Die magstryd sedert Moeammar Ghaddadi in 2011 ontsetel is dreig om die land in twee te skeur. – Netwerk24/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie