Minstens 40 dood ná storms in Mexiko
Grondstortings wat deur die tropiese storm Earl veroorsaak is, het tot die dood van minstens 40 mense hier gelei, het amptenare gesê terwyl ’n nuwe storm Mexiko se kus aan die Stille Oseaan bedreig het.
Die sentrale staat Puebla is die swaarste getref en 29 mense is hier dood, onder wie 15 kinders, toe grondstortings verskeie huise in die noordelike gebergtes van dié staat verswelg het, het die plaaslike regering gesê.
Nog 11 mense is in soortgelyke omstandighede dood in die oostelike staat Veracruz, het dié staat se goewerneur, Javier Duarte, gesê.
Earl het verlede Woensdag as ’n orkaan uit die Karibiese See voortgesnel en die land suid van Belize se hoofstad, Belmopan, getref. Dit het Mexiko Donderdag as ’n storm bereik en uiteindelik na ’n tropiese storm verswak.
Maar selfs in sy verswakte staat het Earl steeds die naweek verwoesting gesaai. In die dorp Huauchinango het die gemiddelde maandelikse reënval binne 24 uur geval, het die regering van Puebla Sondag gesê. ’n Reëndeurdrenkte heuwel het meegegee en op ’n naburige dorpie afgekom. Elf mense, onder wie agt kinders, is hier dood, het die regering gesê.
Verskeie hoofweë in Puebla is beskadig, twee brûe het ineengestort en die kragtoevoer is in talle dorpe afgesny.
Goew. Rafael Moreno Valle het Sondag gewaarsku dat die dodetal kan styg.
“Ons soek nog en daar is reeds honde-eenhede wat help,” het hy gesê.
Amptenare van Puebla het nie gesê hoeveel mense vermis word nie, maar het wel bevestig dat 200 mense haweloos is weens die grondstortings en vloede.
Duarte het getwiet dat 11 mense dood is weens grondstortings en vloede. Sowat 1 200 mense is na skuilplekke geneem. - News24Wire

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie