Minstens agt dood in selfmoordaanval
Nigerië
‘n Burgerlike selfverdedigingseenheid sê minstens agt mense is dood toe vroulike selfmoordbomaanvallers kampe vir hawelose mense in die noordoostelike stad, Mainduguri, geteiken het.
‘n Woordvoerder van die groep, Bello Danbatta, sê die aanval het laat Sondagnag begin en benewens die sterftes is 15 mense gewond.
Nigerië se ekstremistiese Boko Haram-terreurgroep teiken gereeld die stad met selfmoordbomaanvallers en vroue word toenemend gebruik.
Danbatta sê die een aanvaller het in die Dalori-kamp ingesluip en die bom laat onplof en twee ander aanvallers het hul bomme na aan die kamp se buitenste omheining laat ontplof.
Meer as 20 000 mense is reeds tydens Boko Haram se agt jaar lange insurgensie dood en geweldpleging het na naburige lande oorgespoel en die wêreld se grootste humanitêre krisis teweeg gebring. - Nampa/AP

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie