Minuut stilte in NV vir Winnie
Minuut stilte in NV vir Winnie

Minuut stilte in NV vir Winnie

Estelle de Bruyn
Estelle de Bruyn - Met die aanvang van die parlementêre verrigtinge in die Nasionale Vergadering vanmiddag (Dinsdag) het die Speaker, prof. Peter Katjavivi, hulde aan die ontslape Winnie Madikizela-Mandela van Suid-Afrika gebring.
Hy het haar as die “moeder van die Suid-Afrikaanse nasie” en ‘n “stem vir die stemloses” beskryf.
Katjavivi het namens die lede van die Nasionale Vergadering meegevoel met die Suid-Afrikaanse nasie en Madikizela-Mandela se familie betuig.
Foto: Nampa/AP

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer