Misdaad neem af én toe
Khomas se goewerneur het 'n jaaroorsig oor die stand van sake in die streek gegee.
Augetto Graig – Die toestroming van mense na die Khomasstreek is die grootste struikelblok in die stryd teen misdaad in en om die hoofstad, sê die streeksgoewerneur, me. Laura McLeod-Katjirua.
Sy het in haar jaarlikse toespraak oor die stand van sake in Khomas gesê inwoners in die sentrale streek is nou te veel in verhouding met beskikbare polisiemannekrag, infrastruktuur en algemene hulpbronne.
Volgens Katjirua was misdaad oor die algemeen 2% minder in 2017/2018 as in 2016/2017. Inbrake by besighede het egter met 25% gestyg en gewapende roof met 17%.
“Misdaad, veral gewapende roof, het kommerwekkende vlakke bereik, maar lede van die polisie is goed in staat om misdadigers in hegtenis te neem en gesteelde goedere terug te kry,” het sy gesê.
Suksesse wat in die laaste boekjaar behaal is, sluit in 'n 19% vermindering in die aantal huisbrake op rekord, 11% minder aanranding, 9% minder algemene diefstal, 5% minder diefstal uit 'n voertuig, 10% minder mense beroof, en 2% minder algemene roofsake wat aangemeld is. Die grootste prestasie in die tydperk was 27% minder moord, en 44% minder voorvalle van verkragting. Motorongelukke het met 11% afgeneem in vergelyking met 2016/2017.
Meer as 90% van die Khomasstreek val binne die munisipale gebied van Windhoek waar munisipale verordeninge ook toegepas moet word.
In die verband het die hoofstad 'n vermindering van 5% bereik in terme van geraas, terwyl klagte oor honde ook verminder het, met 78%. Nogtans is die geraasvlakke in die hoofstad oor die algemeen te hoog, het die goewerneur gesê.
Ook van kommer is die toename in onwettige handel wat met 191% gestyg het, en 124 voorvalle van grondgryp, 75% meer as die 71 voorvalle wat die vorige jaar aangemeld is.
Nog 'n uitdaging vir misdaadbekamping is die bedanking, aftrede en dood van baie gesoute polisiebeamptes, het McLeod-Katjirua gesê. “Dit is betreurenswaardig dat die polisie voortdurend die beste van sy werkmag en waardevolle kenners so verloor. Begrotingbeperkings het die Namibiese polisiemag verhoed om vir die volgende drie jaar nuwe amptenare aan te stel.”
Behuising is ook 'n probleem vir polisiebeamptes in die Khomasstreek.
“Benewens die finansiële uitdagings wat die polisie het, moet baie ook nog gedoen word om openbare betrekkinge te verbeter in terme van aanmelding en bekamping van misdaad,” het sy gesê.
Een beplande stap om dit te takel, is die oprig van tien nuwe satellietpolisiestasies in die hoofstad se buurte Pionierspark, Hochland Park, Otjomuise, Goreangab, Havana, Okuryangava, Brakwater, Lafrenz, Kloppersdal en Erospark.
Ondertussen onderneem die polisie om gereeld uitgekende gebiede te patrolleer, skoonmaakveldtogte te hou, meer buurtwagte asook netwerke teen misdaad te stig, en meer reserviste en informante te werf.
Meer aandag sal ook gegee word aan die finalisering van uitstaande sake, opleiding vir ondersoekers, en beter samewerking met die ministerie van justisie, die aanklaer-generaal en die prokureur-generaal om sake vinniger te voltooi, het McLeod-Katjirua gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie