Misdaad: Polisiehoës besoek Ongombo-Wes
'n Span polisiebeamptes en reserviste, gelei deur komm. Joseph Shikongo, het die afgelope naweek 'n hervestigingsplaas in Khomas besoek.
Augetto Graig
Die polisiebevelvoerder in die Khomasstreek, komm. Joseph Shikongo, het die afgelope naweek 'n span stasiebevelvoerders en polisiebeamptes van Seeis en Kappsfarm, insluitend reserviste, gelei om met die gemeenskap op die hervestigingsplaas Ongombo-Wes te vergader.
Shikongo sê sy doel is om al Windhoek se omliggende gemeenskappe te besoek.
Hy het om verskoning gevra dat hy Saterdag – vir die eerste keer sedert hy 22 maande gelede aangestel is – hulle besoek het.
“Dit is nooit te laat vir 'n oplossing nie. Die polisie het 'n verantwoordelikheid om met die gemeenskap te praat en nie net om in hegtenis te neem nie,” het hy gesê.
By die vergadering was die hoof van die |Khomanin- tradisionele owerheid, Gaos Juliane Gawa-!Nas, en haar adviseurs en hoofmanne, met verskeie lede van die gemeenskap wat uit die hervestiging van sewe oudplaaswerkers op eenheid A van die plaas gegroei het.
Volgens Gawa-!Nas worstel die inwoners teen misdaad soos stropery en onwettige jag.
Sy sê dwelmmisbruik bedreig toekomstige generasies en die verkoop van onwettige alkohol is ook 'n probleem.
Van die ander kwessies wat geopper is, is die reaksietyd van die polisie, waterprobleme nadat 'n kontrakteur glo die pomp na die watertenks verwyder het en verdagtes wat tussen die mense wegkruip en nooit in hegtenis geneem word nie. Misdaad neem glo ook toe nadat 'n vorige samewerkingskomitee tot niet is.
Werkloosheid en armoede maak die lewe moeilik terwyl samewerking met buurplase en eienaars van omliggende plase te kort skiet, sê hulle.
Selfs toegang tot 'n pad word beperk deur 'n eienaar wat nie oortreders toelaat nie, sê hulle.
Shikongo het gesê privaatheid en privaat eiendom moet beskerm word, “maar daar moet toegang vir mense wees om na ander gebiede te kan beweeg,” het hy gesê.
Shikongo het klem gelê op beter samewerking om ongeveer 480 000 mense in die Khomasstreek veilig te hou. Uitgespreide gemeenskappe kan die voorbeeld van boereverenigings in Dordabis en Nina volg, waar kringtelevisiekameras opgesit is en baie as polisiereserviste aangesluit het.
Shikongo sê die enigste verskil tussen 'n polisiebeampte en 'n -reservis is die reservis word nie deur die staat betaal nie.
“Ek wil hê julle as die gemeenskap moet by die polisie aansluit en reserviste word,” het hy gesê.
Volgens Shikongo spog Khomas reeds met 197 uit die totale 300 reserviste in Namibië.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie