Misdaadverslag: Verdagtes betrap met olifanttande en ietermagu00f4velle
Misdaadverslag: Verdagtes betrap met olifanttande en ietermagu00f4velle

Misdaadverslag: Verdagtes betrap met olifanttande en ietermagôvelle

Dani Booysen
Volgens die polisie se naweekmisdaadverslag wat vandag uitgereik is, is ‘n 71-jarige man Donderdagoggend by ‘n restaurant by die Swakopmund-kleinhoewes in hegtenis geneem nadat hy na bewering tydens ‘n lokval vier olifanttande aan polisiebeamptes probeer verkoop het.
Die tande was in sy besit.
Hy kon nie ‘n permit toon vir die besit van, of handel in ivoor nie en moet vandag in die dorp se landdroshof verskyn.
In ‘n onverwante voorval is ‘n 48-jarige Angolese burger dieselfde namiddag by Kahenge in hegtenis geneem vir die onwettige besit van twee ietermagôvelle ter waarde van ‘n geskatte N$100 000.
Ook hy is in ‘n lokval gelei op grond van inligting wat aan die polisie verskaf is.
Die man kon ook nie ‘n permit toon nie en sal na verwagting vandag in die landdroshof op Rundu verskyn.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer