Misdade teen die natuur
Misdade teen die natuur

Misdade teen die natuur

Dani Booysen
Verlede week is nie minder nie as 12 verdagtes vir wildsmisdade in hegtenis geneem.

Die polisie se fokus op sulke oortredings deur middel van ‘n weeklikse verslag is ‘n redelik onlangse en baie positiewe verwikkeling.

Die rapportering van suksesse is belangrik, maar ‘n mens moet ook aanvaar die voorkoms van sulke misdade is meer wydverspreid. Ook baie gevalle van diefstal en stropery van vee word nie formeel in die openbare domein aangeteken nie.

Hierdie is ‘n realiteit in alle vorme van misdaad – een wat net kan verander indien letterlik almal in al ons gemeenskappe begin om misdadigers meedoënloos aan die kaak te stel.

Aanduidings is wel ‘n baie stewiger vuis word teen ernstige wildsmisdade gebal. Hiervoor verdien onder meer die Blue Rhino-span onder leiding van komm. Barry de Klerk krediet.

Wildsmisdade is ‘n komponent van misdade teen die natuur, wat uiters georganiseerde en ook korporatiewe vorme kan aanneem. Die baanbrekersbeskerming wat in die Namibiese Grondwet aan die omgewing verleen is, vereis dat ons alle vergrype teen Moeder Natuur en ons natuurerfenis met hand en tand moet teenstaan.

Onlangs het die publiek weer kapsie gemaak teen byvoorbeeld die plan om fosfaat aflandig van die Namibiese kus te ontgin. Beweringe is dat sekere politieke magte ten gunste van die onvoorspelbare en moontlik verwoestende stap is.

Ons elkeen moet dié “klein blou ghoen” en al haar vertakkings van lewe se herders wees.

So sê ander

1 Oktober 2019

Tribunaal moet resultate lewer

Later eerder as nooit, maar resultate gaan deurslaggewend wees vir die tribunaal van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) vir herwinning van staatskapingsgeld wat vandag (Dinsdag) met sy werksaamhede begin.

Die tribunaal sal sy winste moet wys in rand en sent van die verlore R14,7 miljard aan staatskaping wat volgens die departement van justisie en konstitusionele ontwikkeling betrokke is by sake wat die tribunaal gaan oorweeg.

Korrupsievoos Suid-Afrikaners wat ná dekades van stropery van staatsgeld van ingryping droom, sal die werk van die tribunaal fyn dophou in die hoop dat benewens die insameling van gesteelde geld, vervolging – eindelik – deurgevoer word.

Ronald Lamola, betrokke minister, se uitspraak dat “die era van straffeloosheid verby is”, is gaaf. Hoë uitsprake bly ontdaan van geloofwaardigheid solank as wat ANC-lede wat direk met staatskaping verbind word breëbors in die regering, die parlement inkluis, en in hoë partyposte sit.

As die beregtiging van korrupsie verg dat verdeeldheid in die ANC op die spits gedryf moet word, laat dit so wees in die belang van Suid-Afrika.

Die tribunaal se werk is veronderstel om drie jaar te duur. Hopelik neem dit baie korter en lewer dit klinkklare dividende. Laat die werk begin.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!