Mislukte selfmoordbomaanval in NY
Mislukte selfmoordbomaanval in NY

Mislukte selfmoordbomaanval in NY

New Yorkers in 'n besige moltrein­stasie het 'n noue ontkoming gehad toe 'n selfmoordploftoestel in die arms van die aanvaller ontplof het.
Die Amerikaanse owerhede het die vermeende selfmoordbomaanvaller geïdentifiseer wat Maandag in spitstyd 'n terroriste­aanval op New York se besige moltrein­stelsel uitgevoer het.

Akayed Ullah (27) is volgens ABC News ernstig beseer toe 'n tuis­gemaakte ploftoestel in 'n wandelgang van 'n moltreinstasie in sy arms ontplof het.

Ullah is volgens bronne met ­ernstige beserings aan sy arms en middellyf hospitaal toe geneem. Hy is glo by sy volle bewussyn.

Volgens ABC is Ullah ­oorspronklik van Bangladesj, maar hy woon die ­afgelope sewe jaar in die VSA en het hy 'n vaste adres in Brooklyn.

Die plofstof, vermoedelik 'n pypbom, word deur die owerhede as 'n eenvoudige ploftoestel beskryf. Dit was met Velcro en kabelbinders aan die ­verdagte vasgebind.

Drie ander mense is volgens New York se brandweerdienste in die ­ontploffing beseer. Die slagoffers is egter almal buite gevaar.

Die tuisgemaakte bom het in 'n ­ondergrondse wandelgang tussen 42ste straat en 8ste Laan in ­Manhattan ontplof.

Andrew Cuomo, New York se goewerneur, beskryf die nuus dat 'n bom op 'n moltreinstasie afgegaan het, as een van sy “ergste nagmerries”.

Christina Bathea (29) sê sy was op pad na die volgende terminaal toe sy 'n ontploffing gehoor en rook gesien het.

“As ek nie in God geglo het nie, glo ek vandag in Hom,” het sy aan ABC oor haar noue ontkoming gesê.

NBC New York berig die ­owerhede het die gebied ná die ontploffing ontruim, maar daar blyk nie enige ernstige beserings onder pendelaars te wees nie.

Die owerhede sê Ullah het “uitlatings” oor die terreurgroep Isis ná sy inhegtenisneming gemaak.

Beeldmateriaal van die voorval wys hoe Ullah ná die ontploffing op die grond bly lê. Hy het sover bekend op sy eie opgetree.

Lede van die New Yorkse polisie se plofstofeenheid en die FBI het Maandag die toneel van die ontploffing gefynkam. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!