Mislukte staatsgreep: Dinge weer normaal in Ethiopië
In regeringskringe word die vinger gewys na die veiligheidshoof in Amhara wat glo die mislukte staatsgreep beplan het.
Ná ’n mislukte streek-staatsgreep die naweek het die burgemeester van Addis Abeba, Takele Uma Banti, gesê die lewe in dié hoofstad van Ethiopië en in die land het na normaal teruggekeer, en hy het staatsamptenare gevra om Maandag te gaan werk.
Die kern van die opstand was in die Amhara-streek, waar die goew. Ambachew Mekonnen vermoor is enkele ure voordat die militêre hoof, Seare Mekonnen en ’n afgetrede generaal, wat saam met hom in Addis Abeba was, vermoor is. Seare Mekonnen se lyfwag het hulle geskiet.
Die streekraadgewer, Ezez Wassie, is ook in Amhara doodgeskiet terwyl die streek se prokureur-generaal gewond is.
In regeringskringe word die vinger gewys na die veiligheidshoof in Amhara, brig.genl. Asaminew Tsige, wat glo die mislukte staatsgreep beplan het.
Luidens die BBC was dit Maandagoggend nog nie bekend of hy in hegtenis is nie.
Tsige is een van die politieke gevangenes wat vrygelaat is toe Abiy Ahmed, die nuwe premier, aangestel is.
Ahmed, geklee in militêre drag, het die naweek op TV gesê nog mense sal in hegtenis geneem word.
OMVATTENDE VERANDERINGS
Hy het verlede jaar aan bewind gekom en omvattende veranderings in die land en in die veiligheidsdienste aangebring. Hy het Mekonnen as militêre hoof aangestel.
Daar is steeds noemenswaardige teenstand in die militêre gemeenskap.
Ahmed het ’n beroep gedoen op Ethiopiërs om saam te staan teen die “bose magte” wat die land wil verdeel, berig CNN.
Hy het met sy bewindsoorname ’n einde aan politieke onderdrukking gemaak deur politieke gevangenes vry te laat en verbode politieke partye te ontban. Hy het ook amptenare wat hulle aan menseregtevergrype skuldig gemaak het, laat vervolg.
Amhara is weer onder die volle beheer van die regering.
Ahmed het gesê die poging tot ’n staatsgreep was nie deur ’n etniese groep nie, maar deur “onverstandige individue”.
Ahmed, die eerste Oromo wat die land lei, het in 2018 aan bewind gekom nadat Hailemariam Desalegn – ná jare van anti-regeringsbetogings deur die Oromo oor ekonomies en politieke uitsluiting – bedank het. Die Oromo is die land se grootste etniese groep.
Ahmed het reeds die land noemenswaardig verander. Hy het duisende politieke gevangenes vrygelaat, honderde verbode en gesensureerde webtuistes oopgemaak, ’n einde gemaak aan die 20-jarige staat van oorlog met Eritrea, die noodtoestand opgehef en beplan om die belangrikste ekonomiese sektor vir private beleggers oop te stel, wat die staat se Ethiopian Airlines insluit.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie