Missiele in Siriu00eb nu00e1 'chemiese aanval'
Missiele in Siriu00eb nu00e1 'chemiese aanval'

Missiele in Sirië ná 'chemiese aanval'

Die menseslagting en huma­nitêre krisis in Sirië duur ­onverpoos voort.
Verskeie mense is gisteroggend dood of beseer nadat 'n ­militêre lughawe in Sirië met missiele aangeval is.

Sirië se staatsbeheerde nuusagent­skap, Sana, berig volgens die BBC dat verskeie missiele die Tayfur-lugmagbasis, wat ook bekendstaan as T$, naby die stad Homs, getref het.

Meer besonderhede oor die aanval en wie daarvoor verantwoordelik is, is nog nie bekend nie.

Die aanval volg ná internasionale ontsteltenis oor 'n chemiese aanval Saterdag op die dorp Douma wat deur rebelle beheer word.

Pres. Donald Trump van Amerika het Sirië se president Bashar Al-Assad Sondag as 'n “dier” beskryf. Hy het hom gewaarsku dat hy, saam met sy bondgenote, Iran en Rusland, 'n “groot prys het om te betaal”.

Trump en pres. Emmanuel Macron van Frankryk, het in 'n gesamentlike verklaring Sondag belowe dat hulle 'n sterk gekoördineerde reaksie sal loods. Amptenare van Amerika het egter ontken dat hulle 'n missiel­aanval geloods het.

“Die departement van verdediging is in die stadium nie besig met lugaanvalle in Sirië nie,” luidens 'n ­Pentagon-verklaring.

“Ons monitor die situasie en ­ondersteun voortdurende diplomatieke pogings om diegene wat ­chemiese wapens in Sirië besit, ­verantwoordelik te hou.”

Sana het aanvanklik die missielaanval op die Tayfur-lugmagbasis, 'n Amerikaanse aanval genoem, maar het later die verwysing na Amerika uitgelos.

Amerika het in April 59 Tomahawk-missiele op Sirië se Shayrat- militêre vliegveld afgevuur in antwoord op 'n chemiese aanval op die ­rebelbeheerde dorp Khan Sheikhoun.

Israel het ook Siriëse teikens vroeër vanjaar aangeval. 'n Woordvoerder wou nie kommentaar lewer op die ­situasie in Tayfur nie.

Wat het in Douma gebeur?

Mediese bronne sê dat dosyne mense Saterdag in die aanval op Douma in die oostelike streek van Ghouta, gesterf het.

'n Video deur reddingswerkers wat as die White Helmets bekendstaan, wys die lyke van talle mans, vroue en kinders in 'n huis. Baie van hulle het skuim om hul mond.

Die BBC berig dit is nog nie moont­lik om onafhanklik te bevestig wat gebeur het of hoeveel mense dood is nie.

Sirië en Rusland ontken dat 'n chemiese aanval plaasgevind het. Hulle het ook 'n ooreenkoms met die rebelle wat in beheer van Douma is om mense te ontruim.

Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad sou gister 'n krisis­beraad hou.

– Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2025-04-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer