Mister Bond roer u00e9n skud Brahmaan-wu00eareldranglys
Mister Bond roer u00e9n skud Brahmaan-wu00eareldranglys

Mister Bond roer én skud Brahmaan-wêreldranglys

Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - “Mister Bond staan vanoggend in die kraal en weet nie eens hy is die beste bul in die wêreld nie. Jy moet hom sien, hy is nogal ’n ‘looker’.”
Só sê mnr. Rynand Mudge, die eienaar van die Namibiese bul wat tydens die afgelope Brahmaan Wêreldkongres in Australië as die wêreld se beste Brahmaan aangewys is.
Tydens Breedplan se eerste internasionale genetiese evaluering vir die Brahmaan-ras, het Mister Bond sowat 200 000 Brahmane uit Namibië, Amerika, Australië en Suid-Afrika uitgestof en die eerste plek vir geboortegewig en groeisyfers verower.
Nog vier bulle uit Namibië tel onder dié top-20, soos aangewys deur dr. Brad Crook van die Agricultural Business Research Institute (ABRI) en Breedplan.
Me. Lorraine van Heerden se Lorden Niko was sewende op die lys, gevolg deur mnr. Danie Botes se Lared Sir Crespo wat die negende plek behaal het. Die bul Mr. Tralon uit Kaspar Günzel se Makalani Brahmaanstoet het die 14de plek verower, gevolg deur Okabra Nero uit mnr. Mecki Schneider se stoet wat in die 16de plek was.
Mister Bond het nog ’n verdere prestasie behaal as die enigste Namibiese bul op die top-20 lys vir karkaseien­skappe, oogspieroppervlakte en skrotum-omvang.
“Dr. Crook het sekere waardes vir die ideale Brahmaanbul in ’n rekenaar ingevoer, wat toe ’n lys van die wêreld se topbulle uitgespoeg het en Mister Bond as kampioen gekroon het,” vertel Mudge.
“Brahmane is, volgens die aantal telers asook die aantal geregistreerde beeste, die grootste beesras in Namibië. Sowat 19 000 Brahmane is tans in Namibië geregistreer, maar in vergelyking met die groot aantal beeste uit ander deelnemende lande, is ons besonder klein.
“Dit maak Namibiese Brahmaan-telers se prestasie soveel groter en wys ons hoef vir niemand terug te staan nie,” sê Mudge.
“Mister Bond is nou ses jaar oud en kom uit ’n familie wat uitsonderlik goed presteer. Hy is ’n ‘behoorlike’ bul en is die resultaat van streng seleksie. Hy kom uit ’n goeie bloedlyn en het die regte genetika.
“Sy oupa, Remzo, was ook ’n besondere bul en al die beste diere in my kudde is sy nageslag. Remzo het twee seuns gehad – Oscar en Suga Boy. Mister Bond is Suga Boy se seun. Mister Bond se broer, Kabal, presteer ook uitsonderlik goed,” het Mudge gesê, wat in die Otjiwarongo-omgewing op die plaas Okanjete boer.
Op die vraag hoeveel Mister Bond nou werd is, het Mudge gesê dit is nie belangrik nie.
“Vandag is hy skielik veel meer werd,” het hy laggend gesê.
Bogenoemde vier lande is die eerste om aan Breedplan se internasionale genetiese evaluering vir die Brahmaan-ras deel te neem.
Breedplan is ’n moderne genetiese evaluasiestelsel vir vleisbeeste en maak van tegnologie gebruik om geraamde teelwaardes vir ’n verskeidenheid van belangrike produksie-eienskappe onder beeste saam te stel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!