Mitchell kies Pollard noodgedwonge

Rugby
Cobus Claassen

Die Springbok-losskakel Handré Pollard is op die nippertjie op die Blou Bulle se plaasvervangersbank ingesluit nadat Manie Libbok hom aan die span onttrek het.

John Mitchell, die Bulle se hoofafrigter, het vroeër die week gesê hy gaan nie vir Pollard óf Rudy Paige, wat deur die Springbokke vir Curriebeker-diens vrygestel is, kies vir môre se wedstryd teen die Haaie in Durban nie.

Daar is aanvanklik vermoed Libbok het ’n maagaandoening, maar hy is Donderdagoggend in die hospitaal opgeneem met blindederm-probleme.

Daar is net twee veranderings aangebring aan die beginspan wat Saterdag teen die Leeus verloor het.

Johnny Kotze vervang Rabs Maxwane op vleuel en Conraad van Vuuren neem die nr. 3-trui by Matthys Basson oor.

Blou Bulle: Warrick Gelant, Duncan Matthews, Burger Odendaal (kapt), JT Jackson, Johnny Kotzé, Marnitz Boshoff, Ivan van Zyl, Jano Venter, Jannes Kirsten, Nic de Jager, Aston Fortuin, Ruben van Heerden, Conraad van Vuuren, Edgar Marutlulle, Pierre Schoeman. Reserwes: Johan Grobbelaar, Matthys Basson, Tim Agaba, Marco van Staden, Piet van Zyl, Handré Pollard, Ulrich Beyers.

DAN, CHILIBOY BEGIN VIR HAAIE

Anders as sy eweknie by die Blou Bulle, het Robert du Preez, die Haaie se breier, besluit om sy twee spelers wat deur die Springbokke vrygestel is, wel môre in te span, skryf Tinus van Staden.

Die agtsteman Dan du Preez en haker Chiliboy Ralepelle is albei in die Haaie se beginspan ingesluit vir hul Curriebeker-stryd teen die Blou Bulle môre in Durban.

Die Haaie, wat gemaklik aan die kruin van die puntelys is, kan straks met meer gemoedsrus aan hul span verander as die Ligbloues, wat onder druk verkeer om die halfeindronde te haal.

Du Preez senior het die jong Sbu Nkosi weer op linkervleuel gekies. Nkosi is Woensdag as een van drie nuwelinge by die Springbok-groep vir die laaste twee tuistoetse van die Rugbykampioenskap ingesluit.

Die ander Haai wat vir Bok-diens ontbied is, die skrumskakel Louis Schreuder, is nie vir môre se stryd oorweeg nie. Hy woon die naweek ’n familiefunksie by. Michael Claassens vervang hom op skrumskakel.

Die steelkantflank Jacques Vermeulen is ook weer op sy pos nadat hy ’n ruskans gegun is vir die Haaie se sege van 40-22 verlede week oor Griekwas in Kimberley.

Op loskopstut vervang Thomas du Toit vir Juan Schoeman.

Tyler Paul skuif van die nr. 7-trui na slot in Jean Droste se plek.

Haaie: Garth April, Odwa Ndungane, Jeremy Ward, Marius Louw, Sbu Nkosi, Curwin Bosch, Michael Claassens, Dan du Preez, Jacques Vermeulen, Keegan Daniel, Ruan Botha (k), Tyler Paul, Ross Geldenhuys, Chiliboy Ralepelle, Thomas du Toit. Reserwes: Franco Marais, Juan Schoeman, Jean Droste, Tera Mtembu, Cameron Wright, Tristan Blewett, Rhyno Smith. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!