MIV/vigs styg met 13% onder lede van siekefondse
Dié siekte is steeds in die vierde posisie ten opsigte van voorkoms onder elke 1 000 lede.
Nellie Brand-Jonker – Die voorkoms van MIV/vigs het in 2017 vergeleke met die vorige jaar met 13,8% onder die lede van mediese fondse gestyg.
Die Raad op Mediese Skemas (RMS) se jongste verslag oor die voorkoms van chroniese siektes en MIV/vigs onder die mediesefondsbevolking toon die topdrie-toestande met die hoogste voorkoms is steeds hoë bloeddruk, hoë cholesterol en tipe-2-diabetes.
Dit toon MIV/vigs is steeds in die vierde posisie ten opsigte van die voorkoms onder elke 1 000 lede.
Die verslag gebruik die data wat mediese fondse verskaf as deel van die inligting wat hul verplig is om jaarliks in te dien.
Dit toon die volgende:
· Die voorkoms van MIV/vigs het van 22 tot 25 per 1 000 lede van 2016 tot 2017 gestyg.
· In geslote skemas (mediese fondse vir maatskappye en staatsondernemings) het dit skerper met 14% van 34 tot 39 per 1 000 mense gestyg (of 3,9 uit elke 100 mense).
· In oop skemas het dit met 11% van 12,5 tot 13,9 per 1 000 gestyg.
· Meer vroue is vir MIV/vigs behandel (29 per 1 000 vergeleke met 20 per 1 000).
Die data toon die diagnose en behandeling van baie van die toestande op die lys van chroniese siektes wat as ’n voorgeskrewe minimum voordeel deur mediese fondse gedek word, het in 2017 verder gestyg.
In 2017 het mediese fondse R79,2 miljard aan voorgeskrewe minimum voordele bestee. Die besteding aan die diagnose, behandeling en sorg van chroniese siektes, beloop 20% daarvan.
Die voorkoms van chroniese toestande en MIV/vigs op die toptien lys van die hoogste voorkoms onder mediese fondse se lede het nie verander van die vorige jaar af nie.
Die toptien toestande (met die voorkoms per 1 000 mense in hakies) is:
· Hoë bloeddruk (90,6)
· Cholesterol (41,6)
· Tipe-2-diabetes (31,3)
· MIV/vigs (25)
· Asma (16)
· Skildklierprobleme (15,9)
· Koronêre hartvatsiekte (7,9)
· Hartspiersiektes (6,4)
· Epilepsie (4,4)
· Bipolêre gemoedsversteuring (4,1)
Op die lys is die skerpste styging van 2016 tot 2017 wat gesien is dié van hartspiersiektes (kardiomiopatie) wat met 20,7% van 5 tot 6 per 1 000 lede in 2017 gespring het.
Hoë bloeddruk wat bo-aan die lys is, het met 0,8% gedaal in 2017 vergeleke met die vorige jaar. Dit word toegeskryf aan ’n daling van meer as 20% wat deur 24 mediese fondse aangemeld is.
Cholesterol, wat in die tweede plek is, het wesenlik met 18% gestyg van 2016 tot 2017. Dit word aan vyf mediese fondse toegeskryf wat ’n styging van meer as 20% gehad het.
Die mense wat vir verskeie toestande behandel is, het ook toegeneem in 2017.
Mense wat drie toestande gelyktydig gehad het, het met 30% gestyg tot 18 lede per 1 000, van die vorige jaar se 13,6%-toename.
Dié wesenlike agteruitgang kan ’n probleem met die data wees wat verkeerd aangegee is, lui die verslag. Tog word gesê dit moet kommerwekkend wees vir mediese fondse, want dit het ’n negatiewe invloed op eise.
Mense wat aan twee toestande tegelyk gely het, het sowat 41 uit 1 000 beloop.
’n Hoër voorkoms onder mans as vrouevan die volgende toestande kom voor:
· Cholesterol
· Hemofilie
· Diabetes
· Chroniese niersiekte
Vroue het weer ’n hoër voorkoms van die volgende siektes:
· Skildkliersiektes
· Outo-immuun-toestande
· MIV/vigs
Nog ’n opmerklike tendens uit die data is die wesenlike voorkoms van psigiatriese toestande onder vroue – byna twee keer meer as mans.
“Daar is omvattende literatuur wat daarop dui dat vroue meer geneig is om ’n siekte aan te meld, hoofsaaklik toestande soos geestesiektes en MIV/vigs. Die bevindinge is belangrik vir die ontwerp van voordele en om te verseker daar is genoegsame toegang tot voordele.”
So styg die toestande van 2012 af
Die verslag toon van 2012 tot 2017 het MIV/vigs gemiddeld die hoogste jaarlikse groeikoers van 11,5% getoon, gevolg deur bipolêre gemoedsversteuring (10,2%). Sien meegaande grafiek.
Sedert 2012 tot 2016 het hoë bloeddruk met 5,2% gestyg. Dit was ’n gemiddelde jaarlikse groeikoers van 1%.
Van die topdrie toestande op die lys is die skerpste toename van 2012 tot nou in diabetes gesien van 27,7% of ’n gemiddelde 5% per jaar, luidens die verslag.
Die wesenlike toename in die voorkoms van chroniese niersiektes in 2017 vergeleke met 2016 word ook as kommerwekkend beskryf. Dit het met byna 50% van 0,5 tot 0,8 per 1 000 mense gestyg. Die styging word toegeskryf aan baie skerp verhogings van meer as 100% by vyf mediese fondse (Transmed, Horizon, Wooltru, Suremed en Sisonke). Selfs al word dié mediese fondse uitgesluit, het die voorkoms hiervan met 35% gestyg. ’n Verduideliking word ook nie daarvoor gegee nie.
Behandelbare chroniese obstruktiewe longsiekte het met 50% gestyg van 1,3 mense in 2016 tot 1,9 in 2017. Dit word toegeskryf aan die styging by vier mediese fondse van meer as 100% (Impala Medical Plan, Imperial Group Medical Scheme, Lonmin Medical Scheme en Wooltru Healthcare Fund). ’n Verduideliking word nie verskaf nie.
“Die opwaartse tendens in die diagnose en behandeling van talle chroniese toestande op die lys van chroniese siektes kan in die algemeen toegeskryf word aan die beter data-bestuurstelsels van mediese fondse en administrateurs, die agteruitgang in die gesondheid van die bevolking, ’n toename in bewustheid oor voordele en ’n verandering in gedrag om behandeling te soek,” lui die verslag.
“Die agteruitgang moet (egter) mediese fondse bekommer en fondse moet seker maak hulle kry waarde vir hul geld van hul programme vir gesondheidsorgbestuur.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie