MIV/vigs-syfer onder jeug ontstel
Jongmense tussen 10 en 24 jaar word die meeste geraak.
Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se afdeling vir MIV /vigs het ’n twee dae lange vergadering in Windhoek by die Khomas-streekskantoor gehad oor die stygende MIV/vigs-syfer onder jongmense tussen 10 en 24 jaar.
Tydens die vergadering het die adjunk-direkteur vir die MIV/vigs-afdeling, mnr. Julius Nghifikwa, gesê ministers van gesondheid uit 20 verskillende Afrika-lande het in 2013 in die Kaap byeengekom om seksvoorligting in skole en die toenemende voorkoms van MIV/vigs onder die jeug te bespreek.
Nghifikwa het gesê statistiek toon jongmense tussen 10 en 24 word die meeste deur MIV/vigs geraak.
Dit toon ook dat meer meisies met die virus besmet word as seuns, wat ’n uitdaging vir ouers inhou, het hy gesê.
“Iets moet gedoen word; jongmense loop ’n risiko; die jeug word vernietig,” het hy gesê.
Nghifikwa het voorts gesê die ministerie van onderwys, kuns en kultuur het ’n ooreenkoms met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste aangegaan waarvolgens die sillabus vir die opleiding van onderwysers en verpleegsters seksvoorligitng sal insluit sodat hulle teen MIV/vigs en ander gevare gewaarsku kan word.
Volgens Nghifikwa sal beter resultate verkry word as skoolhoofde ook betrokke raak en seksvoorligting ernstig opneem.
Die onderwysers teenwoordig by die vergadering was positief en het gesê hulle was nie bewus van die omvang van die krisis nie.
Nghifikwa het ouers versoek om betrokke te raak by hul kinders en om openlike gesprekke met hulle te hê sodat hulle ingelig kan wees.
“As ouers begin praat met hul kinders, sal kinders die erns van die saak besef," het hy gesê.
Die gemeenskap, wat die kerk, tradisionele owerhede en private agentskappe insluit, moet ook betrokke raak by jongmense se onderrig, het Nghifikwa gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie