Möller-moordsaak gaan hoërhof toe
Otis Finck op Walvisbaai - Die vyf mans wat daarvan beskuldig word dat hulle die Walvisbaaise inwoner mnr. Hans Möller vermoor het, se saak is na die hoërhof in Windhoek oorgeplaas.
Staatsaanklaer Tresia Hafeni het Dinsdag tydens hul verskyning in die landdroshof op Walvisbaai gesê die aanklaer-generaal, adv. Martha Imalwa, het beveel die saak teen mnre. Gotlieb Panduleni (30), David Tashiya (29), David Shekundja (35), Elly Ndapuka Hinavali (29) en Malakia Shiweda (28) moet na die hoërhof oorgeplaas word. Die beskuldigdes sal op 23 November in die hoërhof in Windhoek op klagte van moord, poging tot moord, huisbraak, diefstal en die besit van 'n vuurwapen sonder 'n lisensie verskyn.
Imalwa het ook opdrag gegee dat die verhoordatum tydens die voorverhoorprosedures bepaal word indien die saak nie op die voorverhoordatum afgehandel is nie.
Die saak sloer reeds vir 17 maande op die landdroshof op Walvisbaai se hofrol.
Möller is in Junie 2016 in die maag geskiet terwyl hy probeer het om sy vrou, me. Carol-Ann Sowden Möller, en hul twee kinders (van vier en ses jaar oud) teen aanvallers te beskerm tydens 'n gewapende rooftog by hul huis op Walvisbaai.
Die beskuldigdes het onskuldig gepleit op klagte van moord, poging tot moord en die besit van 'n onwettige vuurwapen en ammunisie.
Mnr. John Sindano is op die bank en mnr. Mpokiseng Dube verteenwoordig vir Tashiya en Shekundja, en het vir Panduleni ingestaan, wat deur mnr. Asnath Kashipara verteenwoordig word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie