Möller-moordsaak weer uitgestel

Minette Brink
Otis Finck op Walvisbaai

Die verdagtes in die Hans-Jörg Möller-moordverhoor, mnre. Panduleni Gotlieb (30), David Tashiya (29), David Shekundja (35), Ally Ndapuka Hinaivali (29) en Malakia Shiweda (28), het Woensdag voor landdros John Sindano in die landdroshof in Walvisbaai verskyn.

Sindano het die verhoor tot 18 Januarie 2017 vir verdere ondersoek uitgestel.

Aanklaer Tresia Hafeni het vroeër borgtog teengestaan weens die erns van die saak en gesê dit sal nie in die belang van geregtigheid wees om hulle vry te laat op borgtog nie en die verdagtes kan moontlik op die vlug slaan.

Die beskuldigdes staar klagte van moord, huisbraak met die opset om te roof, roof en poging tot moord in die gesig. Dit hou verband met ''n misdaad wat op 17 Junie vanjaar gepleeg is.

Hulle is van die Windhoek-gevangenis deur lede van die Spesiale Reserwemag na die hof in Walvisbaai geneem.

Me. Carol-Anne Möller (48), die eggenote van wyle Hans Möller wat op 15 Oktober 51 jaar oud sou gewees het, het ’n beloning van N$5 000 per persoon aangebied vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van drie ander verdagtes wat nog op vrye voet is.

Volgens Möller is die persoon wat die skoot afgevuur het wat haar man se lewe geëis het, een van die beskuldigdes in die beskuldigdebank. Agt mense was egter by die voorval betrokke.

Tashiya en Shekundja is op 18 Junie in hegtenis geneem terwyl Hinaivali en Shiweda op June 22 vasgekeer is.

Möller het haar dank teenoor die ondersoekeenheid vir ernstige misdaad uitgespreek vir die professionele wyse waarop die saak hanteer word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!