Möller-moordsaak wéér uitgestel
Die saak waarin vyf mans teregstaan op die moord op die bekende Walvisbaaier, mnr. Hans Jorg Möller, in Junie 2016, is Woensdag in die landdroshof op Walvisbaai tot 24 Oktober uitgestel. Landdros John Sindano het die staat daarop gewys dat dit die laaste keer is dat hy 'n uitstel gaan toestaan. Mnre. David Tashiya (29), David Shekundja (35), Elly Ndapuka Hinaivali (29), Malakia Shiweda (28) en Panduleni Gotlieb (30) staan tereg op klagte van moord, poging tot moord, roof en die onwettige besit van 'n vuurwapen en ammunisie. Foto Otis Finck
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie