Möller-moordverhoor uitgestel
Otis Finck in Walvisbaai
Die vyf mans wat van die moord op mnr. Hans Möller beskuldig word, het gister weer in Walvisbaai op aanklagte van moord, poging tot moord en gewapende roof verskyn.
Möller is dood ná hy in sy maag geskiet is terwyl hy sy vrou, me. Carol-Ann Sowden Möller, en hul twee kinders (onderskeidelik vier en ses jaar oud) beskerm het tydens 'n gewapende roof by die gesin se huis in Junie verlede jaar.
Landdros John Sindano het die saak teen mnre. Gotlieb Panduleni (30), David Tashiya (29), David Shekundja (35), Elly Ndapuka Hinavali (29) en Malakia Shiweda (28) tot 15 Mei vir regshulp en verdere ondersoek uitgestel.
Die beskuldigdes bly in aanhouding en na verwagting sal hulle dan 'n formele borgtogaansoek bring.
Hulle het weer in boeie en onder gewapende polisiebegeleiding by die hof aangekom, waar 'n skare met plakkate gevra het dat borgtog geweier word.
Panduleni het skynbaar saam met die vier medebeskuldigdes in Walvisbaai verskyn ná hy in Omaruru verskyn het op nóg 'n klagte van moord en gewapende roof.
Staatsaanklaer Tresia Hafeni het die hof ingelig dat die dossier na die aanklaer-generaal gestuur is en dat sy dit teruggekry het met instruksies vir verdere ondersoek.
Sy het versoek dat die verhoor, wat waarskynlik in die hoërhof gaan draai, tot 15 Mei uitgestel word en dat die beskuldigdes in aanhouding bly. Hafeni het voorheen borgtog teengestaan omdat die beskuldigdes 'n hoë vlugrisiko is en omdat die misdaad ernstig is.
“Alle beskuldigdes moet hul regshulpaansoeke indien en het nou genoeg tyd om dit te doen.”
Mnr. Dube Mpokiseng, wat namens Tashiya en Shekundja optree, was nie teen die uitstel gekant nie.
Hy het die hof ook ingelig dat die regshulpraad nog besig was om Panduleni en Shiweda se lêers na te gaan.
Hinavali het glo sy ID-dokument verloor, maar 'n geboortesertifikaat of 'n kieserskaart sou genoeg wees om te verseker dat hy regshulp kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie