Möller-verhoor uitgestel
Die verhoor waarin vyf mans op onder meer klagte van moord en poging tot moord op Walvisbaai se Möller-gesin tereg staan, is tot volgende week Dinsdag uitgestel.
Dit nadat een van die beskuldigdes, mnr. Panduleni Gotlieb, se regsverteenwoordiger ’n tweede keer onttrek het.
Die verhoor van die saak waarin die Möller-gesin op 16 Junie 2016 in hul huis op Walvisbaai oorval, aangerand en beroof is, sou vandag in die hoërhof by Windhoek se sentrale gevangenis begin het. Mnr. Hans-Jörg Möller is tydens die voorval geskiet en het later aan sy wonde beswyk.
Regter Dinnah Usiku het Gotlieb egter baie ernstig gewaarsku dat sy nie sal toelaat dat dat hy die hof frustreer deur voortdurend van regsverteenwoordigers te verander nie.
Die hof sal Dinsdag om 09:00 hoor of Gotlieb daarin kon slaag om regsverteenwoordiging te kry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie