Möllermoord: Verhoor uitgestel
Otis Finck op Walvisbaai - Die vyf mans wat in verband met die moord op die sakeman mnr. Hans-Jörg Möller in hegtenis geneem is, het vroeër die week hul eerste gesamentlike verskyning in die Walvisbaaise landdroshof gemaak.
Assistent-landdros Leah Kuuahee het die verhoor van mnre. Pandualeni Gotlieb (30), David Tashia (29), David Shekundja (35), Elly Ndapuka Hinaivali (29) en Malakai Shiweda (28) tot 5 Oktober uitgestel.
Die beskuldigdes, wat van moord, huisbraak met die opset om te steel, roof en poging tot moord aangekla is, het geboei en onder streng polisiebewaking in die hof verskyn.
Aanklaer Tresia Hafeni het die uitstel versoek sodat die beskuldigdes regshulp kan inwin en omdat die ondersoek nog nie afgehandel is nie. Sy het ook gevra dat die beskuldigdes in aanhouding bly.
Vier van die beskuldigdes het die hof ingelig dat hulle na bewering nie die geleentheid gehad het om ná hul vorige verskynings om regshulp aansoek te doen nie. Een van die beskuldigdes word deur ’n private prokureur verteenwoordig.
Landdros Kuuahee het die polisie wat teenwoordig was, opdrag gegee om te verseker dat die vier beskuldigdes sonder regsverteenwoordiging om regshulp aansoek doen vóór hulle na die aanhoudingselle terugkeer.
Die slagoffer se weduwee, me. Carol-Anne Möller, het die hofverrigtinge bygewoon en gesê haar twee dogters is ernstig getraumatiseer deur die wrede moord en roof deur ’n bende van agt wat op 17 Junie by hul huis plaasgevind het.
“Hulle (die kinders) laat my nie vir ’n oomblik uit hul sig nie. Een van die beskuldigdes het die kinders se kamer ingegaan, ’n wapen in my 6-jarige dogter se gesig gedruk en gedreig om haar te skiet.”
Möller het ook gesê sy is positief oor die identiteit van die persoon wat die deur gebreek het om by die huis in te kom en wat haar met sy vuiste bygekom het, asook die man wat haar eggenoot geskiet het.
“Hans wou my beskerm. Hulle het hom met ’n stoel geslaan en hom koelbloedig geskiet. Hy het hulpeloos daar gelê en kyk terwyl hulle my aanrand. Ek het hulle gesmeek om te vat wat hulle wou en weg te gaan,” het sy gesê
Tashia en Shekundja is op 18 Junie in verband met die voorval in hegtenis geneem. Gotlieb is ’n dag later aangekeer, terwyl Hinaivali en Shiweda op 22 Junie gevang is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie