Mnangagwa beloof beter dae vir Zimbabwe
Mnangagwa beloof beter dae vir Zimbabwe

Mnangagwa beloof beter dae vir Zimbabwe

‘n Ondersoek gaan gedoen word na die konflik na afloop van die verkiesing einde Julie waarin ses mense dood is.
Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe het ’n beter toekoms vir die land beloof nadat hy Sondag as president van Zimbabwe beëdig is.

Die BBC berig hy het die geweld in die land ná die verkiesingsuitslag ten sterkste afgekeur.

Mnangagwa het met sy beëdiging aangekondig dat ’n ondersoek gedoen sal word oor die ses mense wat dood is tydens konflik tussen die weermag en opposisieondersteuners ná die verkiesing in Julie. Hy sê die geweld was “onaanvaarbaar”.

Hy het homself beskryf as ’n president wat luister en sê sy regering is verbind tot grondwetlikheid, die oppergesag van die reg en geregtelike onafhanklikheid.

“Die Zimbabwe wat ons wil hê, is ’n gedeelde een wat die grense tussen politieke partye oorbrug,” sê hy.

Hy het ook beloof dat die ekonomie radikaal hervorm gaan word om buitelandse en plaaslike beleggings te lok.

“Die skep van werk, werk en nog meer werk, is die kern van ons beleide.”

Die land se konstitusionele hof het Vrydag beslis dat Mnangagwa die nuwe president is nadat die uitslag van die verkiesing deur Nelson Chamisa, die MDC-opposisieleier, betwis is, berig Reuters.

Duisende mense, waarvan sommige met busse van buite Harare aangery is, het saam met afgevaardigdes in die nasionale stadion byeengekom vir Mnangagwa se beëdiging.

Die skep van werk, werk en nog meer werk, is die kern van ons beleide.

Mnangagwa het die eed afgelê voor hoofregter Luke Malaba, wat saam met agt ander konstitusionele regters Chamisa se aansoek om die verkiesingsuitslag nietig te verklaar tersyde gestel het.

Slegs ure voor Mnangagwa se beëdiging het die Amerikaanse International Republican Institute (IRI) en die National Democratic Institute (NDI) gesê Zimbabwe het ’n gebrek aan “ ’n verdraagsame demokratiese kultuur” waarvolgens politieke partye gelyk hanteer word en burgers toegelaat word om vrylik te stem.

Amerika het aangedui verskeie reis- en finansiële sanksies teen senior amptenare in die regerende party, insluitende Mnangagwa, sal vir eers nie opgehef word nie.

Die Europese Unie (EU) het egter die meeste sanksies teen die land afgeskaf. Die EU-sanksies geld steeds oudpres. Robert Mugabe en sy vrou, Grace. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!