Mnangagwa se lyfwagte in SA behandel ná bomontploffing
Twee van pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe se lyfwagte is in die week na Suid-Afrikaanse hospitale oorgeplaas ná die bomontploffing verlede maand in Bulawayo.
Die bom het by ’n Zanu-PF-verkiesingsaamtrek ontplof en minstens 40 mense beseer, waarvan drie kritiek was. Sommige het selfs ledemate verloor. Twee mense het sedertdien beswyk.
Dit is allerweë aanvaar dat die aanval ’n aanslag op Mnangagwa was. Twee van sy adjunkpresidente is ook beseer asook ander amptenare van Zanu-PF.
Sy twee lyfwagte is per helikopter na Suid-Afrika gebring nadat dokters dit aanbeveel het, berig News24.
Adj.pres. Kembo Mohadi word ook steeds in Suid-Afrika behandel ná die ontploffing. Oppah Muchinguri-Kashiri, Zanu-PF-voorsitter, sterk tuis aan nadat sy ook vroeër in Suid-Afrika behandel is.
Mnangagwa het vroeër gesê hy vermoed ’n faksie in sy eie party was vir die aanval verantwoordelik.
Intussen is daar vrae oor hoe vry en regverdig die verkiesing op 30 Julie sal wees.
Berigte in die Zimbabwe Independent het daarop gesinspeel dat oudpres. Robert Mugabe en sy vrou, Grace, ’n aanbod gemaak is om hulle by die opposisie, die MDC, se verkiesingsveldtog aan te sluit.
Luidens die berig is hulle 24 miljoen Amerikaanse dollar aangebied sowel as verskeie voertuie. In ruil daarvoor kry die Mugabes die setel van ’n visepresident onder Nelson Chamisa, MDC-leier.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie