Mnangagwa se regering ‘teister’ Mugabes
Daar word beweer die Mnangagwa-regering teister die Mugabes en ‘n burgeroorlog broei in Zimbabwe.
Jonathan Moyo, Zimbabwe se voormalige minister van onderwys, het in ’n onderhoud met die SAUK gesê pres. Emmerson Mnangagwa se regering teister die familielede van die voormalige president, Robert Mugabe, “op ’n daaglikse grondslag”, berig News24.
Mugabe, wat in November verlede jaar as Zimbabwe se president uit die kussings gelig is, is laas in Desember in die openbaar gesien toe hy in ’n hospitaal in Singapoer vir ’n mediese ondersoek was. Die 94-jarige oudpresident is gesien toe hy die Gleneagles-hospitaal in Singapoer verlaat het. Hy is deur agt mense vergesel.
Moyo het gesê die “militêre junta” van Mnangagwa teiken en “mishandel” Mugabe se familielede.
Die SAUK het in ’n verklaring gesê Moyo het ook gewaarsku ’n burgeroorlog is in Zimbabwe aan die broei.
Volgens die webwerf New Zimbabwe.com het Moyo die Afrika-Unie (AU), asook die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) daarvan beskuldig dat hulle ’n “onwettige regime” steun.
Moyo hou vol Mugabe is in ’n militêre staatsgreep gedwing om as president van Zimbabwe uit te tree.
Hy het gesê die AU en die SAOG behoort die korrekte feite te bekom voordat hulle besluit om Mnangagwa se “onwettige” regering te steun.
“Die AU en die SAOG moet hul besluit nie grond op dit wat diegene sê wat die staatsgreep uitgevoer het nie, maar op dit wat die slagoffers van die staatsgreep sê.”
Moyo het beweer daar is reeds spanning tussen Mnangagwa en die land se weermag. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie