Mnangagwa soek bloed van drie wat landuit vlug
Zimbabwe maak van Interpol gebruik om diegene wat tydens die magsoorname na die buiteland gevlug het, te soek.
Die krokodil ruik bloed.
Pres. Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe het die dienste van Interpol ingeroep om die voormalige bondgenote van oudpres. Robert Mugabe te jag nadat hulle gevlug het toe die weermag dié land verlede maand beset het, word berig.
Die teikens in Mnangagwa se visier sluit onder andere die voormalige ministers Jonathan Moyo, Saviour Kasukuwere en Paddy Zhanda in.
Die land se minister van binnelandse sake, Obert Mpofu, het bevestig Zimbabwe maak van Interpol gebruik om diegene wat tydens die magsoorname na die buiteland gevlug het, te soek.
“Ons doen alles in ons vermoë om seker te maak hulle wat misdade in Zimbabwe gepleeg het en wat tans buite die land verkeer, sal verantwoording doen,” is Mpofu aangehaal.
Na wat berig word het Mnangagwa verlede week tydens sy staatsbesoek aan Suid-Afrika gesê hy het almal vergewe behalwe drie van die verslane Zanu-PF se sogenaamde Generasie-40-faksie onder leiding van die voormalige eerste vrou, Grace Mugabe.
BERADING
Intussen is berading vir gespanne Zimbabwiese LP’s en ministers wat sonder ampte is nadat oudpres. Robert Mugabe uit die kussings gelig is, is in dié land se parlement voorgestel.
Die parlement het verlede week aangehoor oudministers ly aan hoë bloeddruk en spanning nadat hulle hul ampte kwyt is, berig New Zimbabwe.
“Ons het uitdagings gehad as ’n parlement. Mense is uit ampte verwyder en daardie mense moes baie druk en spanning deurmaak,” sê Prosper Mutseyami van die Beweging vir Demokratiese Verandering.
“Van die mense verstaan nie waarom hulle nou nuwe ampte beklee nie. Hulle verstaan ook nie dat hulle nou agterryers is nie,” voeg hy by.
Volgens die amptelike parlementêre rekord, Hansard, het Mutseyami gesê die parlement se kliniek moet berading aanbied “om hierdie uitdagings en sulke tipe trauma te hanteer.”
Die speaker van die parlement, Jacob Mudenda, het saamgestem en gesê sy neef het sy amp as ’n minister verloor “en so gespanne geword aan die einde dat hy nie kon herstel nie.”
’n Hele aantal ministers wat blyk verbind te wees met Grace Mugabe, is afgedank.
Geen plaasbesettings
Intussen het die Zimbabwiese regering gesê hy sal nie enige nuwe plaasbesetting duld nie en “diegene wat poog om boerderyaktiwiteite deur mense wat wettig hervestig is, te ontwrig, sal die gevolge van die wet moet dra.
”Volgens The Herald het Perrance Shiri, die minister van grondbesit, landbou en landelike hervestiging, gesê die regering pas druk toe vir die uitreiking van huurkontrakte van 99 jaar.
“Dié proses sal bespoedig word sodat boere langtermynbeplanning kan doen en toegang tot finansiering kan kry,” sê Shiri.
Shiri se kommentaar volg ’n paar dae nadat ’n wit Zimbabwiese boer van sy land af gedwing is as deel van omstrede massa-uitsettings. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie