Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade
Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

Mobiele Covid-toetseenheid by padblokkade

Die doel is om die herlewing van die toerismesektor in Namibië 'n hupstoot te gee deur aan toeriste 'n geriefliker opsie vir toetsing te bied voor hulle die land verlaat.
Henriette Lamprecht
Die eerste mobiele Covid-19-toetsgeriewe vir toeriste is by die Okahandja-padblokkade op die B1-hoofpad geopen.

Die mobiele eenheid is 'n inisiatief deur die Toer- en Safarivereniging van Namibië (Tasa) en Covid Test Nam met die ondersteuning van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN).

Die mikpunt van die eenheid wat amptelik deur minister Kalumbi Shangula van gesondheid en maat­skaplike dienste geopen is, is om die herlewing van die toerismesektor in Namibië 'n hupstoot te gee deur aan toeriste 'n geriefliker opsie vir toetsing te bied voor hulle die land verlaat.

“Dit is absoluut kritiek vir die oorlewing van ons bedryf om toeriste terug in ons mooi land te kry om hierdie belangrike ekonomiese pilaar in Namibië te laat herleef. Om dit te bereik, moet ons Namibië so aanloklik as moontlik vir internasionale gaste maak. Ons moet uitstaan as 'n veilige bestemming met maklike toegang en top- mediese geriewe. Danksy die feit dat ons land die tweede minste digbevolkte land ter wêreld is, kom sosiale afstand natuurlik in die meeste gebiede van Namibië. Ons private mediese geriewe is van 'n uitstekende standaard en is nog 'n veer in ons hoed,” sê me. Nathaly Ahrens, Tasa se voorsitter.

“Nou moet ons net dat Namibiërs hulself laat inent sodat ons van die rooilys kan afkom vir risikogebiede vir reis en weer op die groenlys is in al ons potensiële markte.”

Ahrens het beklemtoon hoewel die inisiatief op die toerismesektor gemik is, kan enige persoon wat hom- of haarself vir Covid-19 wil laat toets, van die geriewe gebruik maak.

Voorafbesprekings kan gemaak word by www.covidtestnam.com. Die inligting wat op die webtuiste gelaai word, voltooi outomaties die nodige vorms vir die laboratorium en die ministerie van gesondheid wat verseker alles is reeds in plek wanneer kliënte by die toetssentrum opdaag.

Alle betrokke mediese personeel op die perseel is ook deur die Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCNA) gesertifiseer, terwyl die laboratoriumuitslae deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) gesertifiseer word.

Vir kliënte wat vooraf bespreek het, duur die toetsing sowat een minuut per persoon terwyl hy of sy in die voertuig bly. Persone wat nie vooraf 'n bespreking gemaak het nie, kan steeds volgens Ahrens gehelp word.

“Die proses kan egter dan bietjie langer duur en ons kan ook nie waarborg dat daar openings beskikbaar sal wees nie. Ons beveel dus aan om beslis eerder 'n bespreking te doen.”

Dit is volgens Ahrens nie nodig om 'n spesifieke tyd aan te dui nie, omdat dit 'n uitdaging kan wees veral as langer afstande afgelê moet word.

“Solank die datum bespreek is.”

Toetsing word sewe dae per week van 08:00 tot 17:00 gedoen, met drie opsies wat beskikbaar is. Dit sluit in die blits/antigeentoets met uitslae wat binne twee tot drie ure beskikbaar is, die blits PCR-toets (uitslae binne sewe ure) en die standaard PCR-toets waarvan die uitslag binne 14 uur be­skikbaar is.

Vir meer inligting oor hoe om 'n bespreking te maak, besoek die webtuiste www.covidtestnam.com of skakel Covid Test Nam by 081 788 3383.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!