Mobiele groentetuine vir trust
Tanja Bause - Die Mammadu-trust in Windhoek het onlangs handgemaakte groentebokse met saailinge ontvang sodat hulle self groente vir hul kombuise kan plant.
Werkers van Gondwana Collection het die bokse tydens ’n spanbousessie by hul kantoor in Windhoek gebou.
“Sowat 70 werkers het hul tyd en energie afgestaan om die draagbare groentetuine te bou,” het me. Inke Stoldt van Gondwana Collection gesê.
Die Mammadu-trust help kwesbare kinders van Otjomuise met hul huiswerk, bied opleiding aan en verskaf drie maaltye ’n dag. Die kinders se ma’s maak artikels uit herwinbare materiale by die sentrum om ’n ekstra inkomste vir hul gesinne te verdien.
Die vennootskap met die Mammadu-trust word deur die Gondwana Care-trust gekoördineer.
Gondwana koop van die handgemaakte artikels en verkoop dit by hul lodges dwarsoor die land.
Mammadu ontvang ook vleis van die selfsorgsentrum op Stampriet.
Die Gondwana Care-trust ondersteun meer as 20 projekte dwarsoor Namibië. Hulle skenk kos, klere, opvoedkundige materiaal en beddegoed. Die trust ondersteun ook omgewingsinisiatiewe soos die Namibia Wild Horses Foundation.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie