Mobiele uitstalling oor Eerste Wêreldoorlog
Die Britse hoëkommissariaat het op Donderdag 9 Julie 'n mobiele uitstalling, Changing History. World War I and Namibia, by Khorab Lodge naby Otavi bekend gestel.
Die uitstalling is naby die terrein bekend gestel waar die Duitse troepe op 9 Julie 1915 oorgegee het en val saam met die eeufeesvieringe van die beëindiging van die Eerste Wêreldoorlog in Namibië.
Die uitstalling is 'n produk van die Museumvereniging van Namibië en geskiedenisstudente van die Universiteit van Namibië (Unam). Die bekendstelling is deur die burgemeester van Otavi, mnr. Markus Damaseb, bygewoon asook verteenwoordigers van die Museumvereniging van Namibië, die Britse hoëkommissariaat, die Duitse ambassade, Unam se geskiedenisdepartement en studente en sekondêre leerlinge van Otavi en Tsumeb.
Die Duitse saakgelastigde, mnr. Ulrich Kinne, was ook teenwoordig en mnr. Hans-Christian Mahnke het die Britse hoëkommissariaat verteenwoordig.
“Die feit dat die Duitse ambassade en die Britse hoëkommissariaat asook ander nasies - toe vyande - by die bekendstelling teenwoordig is, is 'n bewys van die mag van versoening wat oor die laaste 100 jaar plaasgevind het," het Mahnke gesê.
"Die Eerste Wêreldoorlog was die bloedigste konflik ooit in die wêreld. Tussen 1914 en 1918 is 17 miljoen soldate en burgerlikes wêreldwyd gedood."
As deel van die Britse buitelandse en Statebond-kantoor se Eerste Wêreldoorlog-eeufeesvieringe se program, is die projek met N$89 000 gefinansier en 'n opvoedkundige geleentheid vir Namibiese geskiedenisstudente in die vorm van 'n mobiele uitstalling geskep wat die impak van die Eerste Wêreldoorlog op Namibië gehad het en hoe die oorlog die Namibiese geskiedenis onvoorwaardelik verander het. Die mobiele uitstalling sal by alle museums en skole in Namibië gesien kan word. Die uitstalling toon inligting oor sommige van die veldslae wat verloor is, soos by Sandfontein, Trekkopje en Gibeon.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie