Modehuis Chanel sê ná 108 jaar hoeveel hy verkoop
Sy syfers wys nie net het hy nie 'n ridder op 'n wit perd nodig nie, hy is groter as mededingers soos Gucci en klop aan die enorme Louis Vuitton se deur.
Elvira Wood
Die ikoniese Franse modehuis Chanel het vir die eerste keer in 108 jaar sy finansiële resultate aan die publiek bekend gemaak.
The New York Times (NYT) berig Chanel sê hy het besluit om 'n einde aan die geheimhouding te maak met dié dat daar gerugte die ronde begin doen het dat hy 'n goeie teiken is vir oorname.

“Ons het besef dit is nou tyd om die feite op die tafel te sit en te verduidelik presies wie ons is. Ons is 'n US$10 miljard-maatskappy met baie sterk finansies,” het Philippe Blondiaux, finansiële hoof van Chanel, in 'n onderhoud aan die NYT gesê.
“Ons weet daar word dikwels baie oor ons gespekuleer, want mense het nie die feite nie. Dit lei weer tot die verspreiding van vals inligting. Dit het tyd geword dat ons balansstaat self wys wie ons is.”
Die syfers wat Donderdag bekend gestel is, wys modeliefhebbers wêreldwyd hou baie van Chanel en sy produkte met bykans US$10 miljard se verkope. Chanel se verkope in 2017 het met 11% tot US$9,62 miljard gestyg en sy bedryfswins was US$2,69 miljard. Die modehuis se skuld beloop US$18 miljoen met kontantvloei van US$1,63 miljard.
Chanel speel nie wanneer dit by bemarking, wat modevertonings insluit, kom nie. Hy het in 2017 US$1,46 miljard daaraan bestee. Dit was 15% meer as 'n jaar tevore.
Benewens sy finansies se stand van sake het Chanel ook aangekondig hy gaan 'n nuwe beheermaatskappy, Chanel Bpk., skep wat in Londen gesetel gaan wees. Al sy verskillende handelsname en 20 000 werknemers sal dan deur dié maatskappy beheer word.
Chanel is nié 'n genoteerde maatskappy nie en word deur sy voorsitter Alain Wertheimer en sy broer Gérard besit.
Daar is die afgelope jare vrae oor Chanel se toekoms gevra met dié dat die twee broers in hul laat 60's is en daar geen erfgenaam is nie.
Daar is ook nog geen planne bekend gemaak oor wat gaan gebeur sou die modehuis se ewe bekende hoofontwerper, Karl Lagerfeld, ooit eendag besluit om af te tree nie. Lagerfeld weier om te sê presies hóé oud hy is, maar hy is reeds oor die 80 jaar oud en het glo tans geen planne om die tuig neer te lê nie.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie