Moedige HTS kon WHS-vernuf nie keer

Die blou truie het hul seisoen afgeskop met ses drieë teen een.
Andrew Poolman
Andrew Poolman – In hul eerste vriendskaplike wedstryd vir die jaar het Samsung Windhoek Hoërskool se Koedoebulle gewys dat hulle oorgehaal is om stem dik te maak sodra die Momentum-ligas in die volgende skooltermyn begin.

WHS was Woensdagaand ten volle in beheer van sy vriendskaplike opwarmwedstryd teen Witel Hoër Tegniese Skool se eerste span by die HTS-veld en het met 39-7 gewen.

WHS was rustyd met 22-7 voor en het uiteindelik ses drieë teen een gedruk.

Op ’n ietwat sagte, klam grasoppervlak ná die voorafgaande dae se reën was beide spanne ywerig om die bal vinnig te versprei en mekaar in die wye kanale te beproef. Uiteindelik was WHS se gunstige faktore soos gewigsvoordeel, groter ondervinding en ’n meer gestruktureerde patroon egter deurslaggewend.

Net soos in 2020 se gedoemde rugbyseisoen bly HTS se eerste span, die Warthogs, vasberade om deur te druk en sy man in die premierliga te staan. Die bruin truie het manmoedig verdedig en hoewel hulle in ’n vroeë skrum van die bal afgestoot is, het dit later beter gegaan in dié faset.

STELSELMATIG

WHS het in die sewende minuut die voortou geneem met ’n strafdoel deur losskakel Enrique Husselmann.

Die blou truie het ook stelselmatig tot in ’n aanvallende posisie gevorder van waar hul agtsteman en kaptein Riaan Grové sy eerste drie naby die pale gedruk het, vir Husselmann om te verdoel (10-0).

’n Taktiese skop deur WHS se heelagter Tyrese de Wee het op HTS se kwartlyn uitgerol, vir ’n lynstaaningooi deur die tuisspan. Die bal het egter oor die springers se hande geseil en die WHS-haker Franco Pearson aan die agterpunt het raakgevat en op ’n lopie weggetrek om ’n drie in die hoek te gaan druk. Husselmann se skop het nie getref nie (15-0).

HTS se pogings is beloon toe hulle van ’n aanvallende posisie vir Jossy Shilongo vir ’n drie naby die pale oorgewerk het, wat deur Cee Jay Coetzee verdoel is (15-7).

Net voor rustyd kon WHS vir ’n paar fases in die middelveld geen veld wen met sy lang aangeë heen en weer nie, totdat Tyrese de Wee in die 9-posisie met ’n skop in spasie afgewissel het. Die HTS-agterspelers is betrap en het ’n strafskop naby die doellyn afgestaan, van waar WHS ’n tikskoppie geneem het. Riaan Grové het ondanks twee duikslae sy arm uitgestrek en onder die pale gedruk vir ’n maklike Husselmann-doelskop (22-7).

WHS het die tweede helfte met ’n sterk 40 meter lopie deur Grové van die afskop af begin. Drie minute later het die linkervleuel Quirone Majiedt deurgedraf pale toe vir nog ’n verdoelde drie.

Halfpad deur die tweede helfte het HTS vergeefs van ’n skrumbal op sy eie kwartlyn probeer aanval, maar die bal het verlore gegaan en WHS het die bal in die teenoorgestelde rigting deur die hande gestuur, waar 7-flank Joe Losper die laaste aangee vir stut Iyambo Tshuuya se drie weggekry het. Losper het die skopwerk oorgeneem, maar sonder sukses (34-7).

WHS moes ’n drie gedruk het toe senter Zian van Wyk van ’n skrumbal in sy eie kwartgebied hard en reguit deurgebreek het en eers op HTS se tienmeterlyn gestuit is. Die bal is teruggewen en na links gestuur, waar die vleuel Majiedt teen die kantlyn egter misgetas het.

Vir oulaas is Tyrese de Wee as heelagter in ’n agterlynbeweging van ’n skrum af gebruik en het teen die kantlyn af deurgebreek, voor sy binne-aangee vir die plaasvervanger Ashwin Philander se maklike drie.

AFRIGTERS BOU VOORT

WHS se hoofafrigter mnr. Ainsley Daniels sê: “Ons het in die eerste minute bietjie gesukkel, want ons het heelwat jong spelers wat gevorder het om nou hul debuut in die eerste span te maak. Ons het ook ’n paar nuwe spelers in nuwe posisies op die proef gestel.

“Ons gestruktureerde spel was nie op standaard nie. Ons het in die skrums en lynstane oorheers, wat ons op die voorvoet geplaas het om spasie vir die vleuels te skep om drieë te druk.

“In die tweede helfte het ons ons voete gevind en meet konstruktief gespeel en ’n paar mooi drieë gedruk. Ons moet HTS gelukwens met die gees waarmee hulle speel en dat hulle nooit die stryd gewonne gee nie.”

Mnr. Robert Bezuidenhout, afrigter van HTS, wys daarop dat sy eerste span baie jonk is. “Ons gemiddelde ouderdom is 17, maar ons sien uit om hierdie rugbyseisoen te speel. Ons het WHS I uitgedaag om te meet waar ons as ’n span staan en speelkans teen ’n goeie, georganiseerde span te kry.”

• In die voorwedstryde het WHS se tweede span met 39-14 teen HTS II gewen, terwyl WHS se o.15-span met 38-0 te sterk was.

HTS beplan glo môreoggend ’n tweede vriendskaplike wedstryd op sy tuisveld, teen Schoemans-groep Windhoek Gimnasium.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-07-01

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 30° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 9° | 27° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 8° | 23° Gobabis: 7° | 26° Henties Bay: 12° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:43, High tide: 12:03, Low Tide: 17:51, High tide: 00:21 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:41, High tide: 12:01, Low Tide: 17:49, High tide: 00:19 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:49, High tide: 00:18 Rehoboth: 5° | 25° Mariental: 6° | 22° Keetmanshoop: 7° | 21° Aranos: 6° | 24° Lüderitz: 11° | 21° Ariamsvlei: 8° | 20° Oranjemund: 11° | 20° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 12° | 28° Mbabane: 10° | 22° Maseru: 5° | 18° Antananarivo: 9° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 8° | 23° Cape Town: 11° | 16° Durban: 15° | 25° Johannesburg: 11° | 18° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 14° | 26° Harare: 11° | 23° Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.24 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 860.33 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 48.25 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1469.69 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 23.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.12 Down -0.09% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13303.38 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27969.59 Up +0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.86/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.42/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 935.80/T DOWN -0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.27/BBP UP +1.64% | Platinum US$ 977.81/OZ DOWN -0.0153 Sport results: Rugby World Cup U20: Wales U20 34 vs 41 New Zealand U20 | South Africa U20 57 vs 7 Fiji U20 | Australia U20 35 vs 11 Georgia U20 | Ireland U20 55 vs 15 Italy U20 | England U20 40 vs 21 Argentina U20 | France U20 49 vs 12 Spain U20 Weather: Katima Mulilo: 12° | 30° Rundu: 12° | 32° Eenhana: 12° | 31° Oshakati: 12° | 30° Ruacana: 12° | 30° Tsumeb: 15° | 28° Otjiwarongo: 9° | 27° Omaruru: 10° | 27° Windhoek: 8° | 23° Gobabis: 7° | 26° Henties Bay: 12° | 17° Wind speed: 20km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:43, High tide: 12:03, Low Tide: 17:51, High tide: 00:21 Swakopmund: 13° | 16° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:41, High tide: 12:01, Low Tide: 17:49, High tide: 00:19 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 05:41, High tide: 12:00, Low Tide: 17:49, High tide: 00:18 Rehoboth: 5° | 25° Mariental: 6° | 22° Keetmanshoop: 7° | 21° Aranos: 6° | 24° Lüderitz: 11° | 21° Ariamsvlei: 8° | 20° Oranjemund: 11° | 20° Luanda: 20° | 22° Gaborone: 10° | 24° Lubumbashi: 12° | 28° Mbabane: 10° | 22° Maseru: 5° | 18° Antananarivo: 9° | 22° Lilongwe: 15° | 26° Maputo: 16° | 26° Windhoek: 8° | 23° Cape Town: 11° | 16° Durban: 15° | 25° Johannesburg: 11° | 18° Dar es Salaam: 22° | 31° Lusaka: 14° | 26° Harare: 11° | 23° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.19 | EUR to NAD 19.72 | CNY to NAD 2.53 | USD to NAD 18.37 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.37 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.75 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.24 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 133.99 | USD to AOA 860.33 | USD to BWP 13.67 | USD to EGP 48.25 | USD to KES 127.98 | USD to NGN 1469.69 | USD to ZAR 18.34 | USD to ZMW 23.95 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1796.12 Down -0.09% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13303.38 Up +0.02% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27969.59 Up +0.73% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 331.86/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.42/lb UP +0.87% | Zinc US$ 2 935.80/T DOWN -0.11% | Brent Crude Oil US$ 87.27/BBP UP +1.64% | Platinum US$ 977.81/OZ DOWN -0.0153