Moeg gerou
Moeg gerou

Moeg gerou

Mandy Rittmann
Charmy skryf:

Ek dink aan leë plekkies in baie huise vandag.

Kaste wat vol klere is, maar nie meer gedra word nie, ’n tandeborsel wat doodstil lê.

Mense in rou wat nog tot verhaal moet kom, want alles het tot stilstand gekom.

’n Geliefde is weg. Die wêreld draai en rou, want hartseer snikke weergalm in die nag se stilte.

Kiste sak in koue grond en oral is begrafnisruikers op vars hopies grond. Weduwees lê alleen in die nag en worstel. Wewenaars staar voor hul uit want hoe dan nou? Ma is weg, pa is weg.

Iewers val ’n kind uitmekaar.

Covid het kom stukkend maak en drome oor die toekoms lê aan skerwe.

Begrafnisse word op telefone gekyk en almal rou meters uit mekaar uit. Tegnologie hou ons bymekaar en video's van mense wat in winkelsentrums gospel sing.

Die winter is ekstra koud dié jaar. Hartseer hang in die lug en die wind huil saggies saam.

Here, die mensdom is moeg, moeg gehuil, moeg hartseer gewees, moeg afstand gehou en moeg van alkohol-hande. Kom red ons tog uit die net van die voëlvanger van die verderflike pes.

Die siekte wat verwoes. In ons ore weerklink ambulanssirenes, en stil gebede.

Ons wil weer lag, hoor, mense wat gesels terwyl hul mekaar vashou en oor en weer kuier. Maar nogtans sal ons saam met Habakuk juig: “die Here my God, Hy gee my krag”, want terwyl ons afstand hou Here, is U steeds naby.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!