Moeilike tye lu00ea dalk vir winkelgroepe voor
Moeilike tye lu00ea dalk vir winkelgroepe voor

Moeilike tye lê dalk vir winkelgroepe voor

Winkelgroepe gaan waarskynlik in 2017 vir die eerste keer sedert die resessie ses jaar gelede sukkel.
Estelle de Bruyn
Nellie Brand-Jonker - John Loos, verbruikers- en eiendomstrateeg van FNB, sê kleinhandelaars se verkope neig om in goeie tye beter groei as die ekonomie te toon. In slegte tye vaar die sektor egter meestal swakker as die ekonomie.

Volgens hom het die kleinhandel­sektor in Suid-Afrika van 2010 tot 2016 'n goeie vertoning gelewer en verkope het vinniger as die ekonomie gegroei.

Hy sê inligting dui daarop dat 2016 weer so 'n jaar sou wees waar verkope in reële terme (groei in verkope minus die inflasiekoers) hoër as die reële ekonomiese groei is.

Dit het elke jaar sedert die einde van die resessie middel 2009 gebeur.

“Ons glo egter nie dit gaan in 2017 voortduur nie,” sê hy in 'n verslag wat Dinsdag uitgereik is.

Die groei in kleinhandelverkope het in 2016 in reële terme begin verlangsaam.

In Desember 2015 het verkope teen 4,3% jaar op jaar gegroei en teen Oktober 2016 het dit teen 0,2% in reële terme gedaal.

Dit dui moontlik op 'n swak begin vir 2017 en 'n moeilike jaar wat vir kleinhandelaars voorlê.

'n Belangrike rede vir die goeie tye wat kleinhandelaars ná 2009 beleef het, is die besteebare inkomste van huishoudings wat teen baie meer as die BBP in reële terme gegroei het.

Salarisse het ook teen meer as die BBP gegroei.

Dit het meegebring dat die salarisrekening van 2007 tot 2016 in verhouding met die BBP van 42,3% tot 47,4% gestyg het.

Hy glo nie dit kan volgehou word nie omdat dit druk op die private sektor se wins sal plaas en die private sektor winsgewend moet bly terwyl die regering die groei in sy salarisrekening in toom moet hou om sy skuldlas te verlaag.

“Dit gaan na verwagting tot swak werkskepping in 2017 en selfs die moontlikheid van verdere werkverliese in die afsienbare toekoms lei,” het hy gesê.

Swak werkskepping kan verbruikersvertroue knou.

Boonop soek die minister van finansies na meer belastinginkomste.

Hy meen persoonlike belastingkoerse gaan waarskynlik vanjaar verder styg. Rentekoerse gaan na verwagting onveranderd bly en gaan dus nie 'n hupstoot aan verbruikers en verkope gee nie.

Een positiewe faktor is die matige daling in verbruikersprysinflasie wat verwag word. Die verlangsaming in voedselprysinflasie gaan 'n belangrike rol daarin speel.

Hy sê al dié faktore sal na verwagting daartoe lei dat die kleinhandel 'n tydperk van onderprestasie tegemoet gaan en dit kan meer leë persele in winkelsentrums tot gevolg hê.

Dit sal moontlik ook veroorsaak dat kapitaalgroei in die kleinhandeleiendomsektor tot enkelsyfergroei verlangsaam. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!