Moeite met dié lywe was nie vergeefs
Liggaamsbou
Liggaamsbou in Namibië is ’n sportsoort wat steeds onder die radar bly, vanweë die hewige kompetisie om die publiek se aandag te lok of om vir individue bekendheid te verwerf.
In Namibië is in onlangse tyde net drie groot kompetisies gehou, deur The Dome in Swakopmund en Iron House in Windhoek. Om sulke gebeurtenisse te reël, verg egter beduidende borgskappe.
Namibiese liggaamsbouers het dus verlede maand ’n groter kompetisie in Suid-Afrika gaan bywoon om blootstelling en ondervinding op te doen. Hul kompetisie was taai, maar met vasberadenheid, selfdissipline en volgehoue oefenprogramme hou hierdie atlete aan om hul liggame vir dié doel te ontwikkel.
Die Suid-Afrikaanse beheerliggaam (IFBB) het die jaarlikse Gentle Giant Classics-geleentheid onlangs in Boksburg aangebied. Dit was ’n kwalifiserende geleentheid vir volgende jaar se Arnold Classics. Vyf Namibiërs het aan hierdie kompetisie deelgeneem, naamlik Romario van Wyk, Panduleni Nekomba, Norman van Wyk, Eclesiaste Celestino en Svet-Roann Loubser.
Die Namibiërs het soos volg gevaar:
Romario van Wyk, vierde plek in “Senior Classic” liggaamsbou.
Panduleni Nekomba, vierde plek in mans spierbou.
Norman van Wyk, geen plasing in meestersklas ouer as 40 jaar.
Eclesiaste Celestino, tweede plek in mans spierbou.
Svet-Roann Loubser, tweede plek in “Beach Bikini”.
Die gesogte IFBB Professional League Muscle Mulisha Grand Prix III wat terselfdertyd gehou is, was ’n uitdun vir die Wêreldbeker Pro League Bodybuilding Showcase. Nog ’n groep Namibiërs het hier deelgeneem in die hoop om ’n uitnodiging vir die wêreldkampioenskap te kry. Chantal Williams, Nadia Minnie, Natasha Kotze en die ma-en-seun duo Hess Robinson en Robbie Robinson het hul spiere gebult.
Die bekende Chantal Williams van Windhoek, met ’n klompie jare se ondervinding in die sport, was op haar beste en het goud in die Fitness Bikini-afdeling gewen.
Nadia Minnie, ook van Windhoek, het in haar vyfde kompetisie meegeding en het die tweede plek in die vroue meesters figuurafdeling behaal, asook ’n eerste plek in vroueklas B (tot 168 cm).
Natasha Kotze het die silwermedalje in die vroue Wellness-afdeling ingepalm.
Die jong Robbie Robinson het sy eerste kompetisie in alle erns aangepak en het die derde plek in die mans Physique Junior onder 23-klas losgeslaan. In sy volgende kompetisie vir mans tot 1.73 meter was hy vierde. Teen mans met jare se ondervinding was dit is ’n groot prestasie wat vir die jong man baie selfvertroue gegee het.
Vir Hess Robinson was dit haar tweede kompetisie en sy is sewende in die Ladies Master Fitness Bikini geplaas.
Deelname aan kompetisies soos dié gaan met groot uitgawes gepaard. Die Namibiërs moes diep in hul sakke grawe om kostes soos vervoer, verblyf, hare, aanspuit-sonverbruining ensovoorts te dek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie