Moenie 2017 se Nedbank Motorskou misloop nie!

Aantreklike aanbiedinge op alles met wiele
Yochanaan Coetzee
Yochanaan Coetzee- Nedbank Motorskou se organiseerders wou motorentoesiaste en besoekers vanjaar iets nuut en opwindend bied.

Talle vervaardigers sal by die motorskou wees, asook ’n wye verskeidenheid motors - met van twee tot 18 wiele. Boonop kan ongelooflike aanbiedinge jou pad by dié skou kruis.

Die skou is nie net die perfekte geleentheid om navorsing vir jou volgende voertuigaankoop te doen nie, maar gee jou ook die geleentheid om jou droommotor in lewende lywe te sien. Met Nedbank en die handelaars se uitstekende aanbiedinge kan jy dalk net daardie droommotor 'n werklikheid maak.

"Dis 'n aantreklike geleentheid vir potensiële kopers én ons handelaarsnetwerk. As jy 'n motor deur die Motorskou koop, sal Nedbank vir die eerste ses maande die versekering op jou motor betaal. Jy kry nie beter as dit nie," het Nedbank se voertuigfinansieringshoof, Amanda von Weiligh, gesê.

Dit terwyl Nedbank jou bederf met gratis versekering, mededingende primakoerse en bekostigbare terugbetalingsopsies.

Uitdagende ekonomiese tye heers tans in die motorhandelbedryf.

Juis daarom het Nedbank sy aanbiedinge aangepas, sê Von Weiligh.

Dié aanbod is vir 30 dae ná die goedkeuring van nuwe voertuie geldig. Dit is ook beskikbaar vir beide Nedbank- en nie-Nedbank-kliënte en normale kredietvoorwaardes sal van toepassing wees.

Maak seker jy en jou gesin maak ’n draai by die opwindende Namibië Toerisme Ekspo met sy talle spesiale stalletjies, koswinkels en aktiwiteite, voordat julle jul volgende voertuig uitkies en gebruik maak van hierdie ongelooflike aanbod terwyl dit nog geldig is.

So, sê totsiens aan jul ou skedonk en kry iets wat jou gesin se veiligheid en gemak eerste stel.

Die Namibië Toerisme Ekspo en Nedbank Motorskou eindig môre.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!