Moenie die produsent slag
Moenie die produsent slag

Moenie die produsent slag

Ronelle Rademeyer
Namibië se beleid om waarde by sy primêre produkte te voeg sodat werk geskep word en die ekonomie kan groei, is edel.

Toe die kleinveebemarkingskema op 1 Julie 2004 in werking getree het, was die doel ’n sterk sekondêre bedryf in die Suide waar skaapkarkasse verwerk en waarde vir die uitvoermark toegevoeg word.

Meatco het in daardie stadium met sy beesvleisuitvoere na premiemarkte in die Europese Unie (EU)’n ideaal geskep wat gehoop is in die skaapbedryf gedupliseer kon word.

Dit is belangrik om te onthou dat ’n lewensvatbaarheidsondersoek so ver terug as 2002 na die bou van ’n kleinvee-abattoir by Keetmanshoop twee voorwaardes beklemtoon het. Die eerste was om ’n hoër heffingsvrye kwota vir skaapvleisuitvoere na die EU en onderhandelinge vir ’n vennootskap in dié verband.

Hierdie markte het nooit gerealiseer nie en die Suid-Afrikaanse mark kon nie die waarde ontsluit wat nodig was om ’n gesonde sekondêre bedryf te vestig terwyl die produsent as primêre skakel in die waardeketting ook floreer nie.

Veertien jaar later gedy nóg die abattoirs, nóg die produsent. Skaapbemarking het trouens met omtrent die helfte ingekrimp en twee uitvoerabattoirs moes hul deure sluit.

Kommunale boere en kommersiële boere is ewe swaar getref, voer produsenteliggame aan. Werkers moes op plase en by abattoirs afgelê word.

Hoekom het ’n beleid met ’n edel doel so klaaglik misluk?

Die skaapbedryf en die regering moet mekaar in die oë kyk en indringend die redes ontleed.

Namibië is netto uitvoerder van vleis. Veeproduksie is landbou se ruggraat.

Daarom moet die regering beserf om die produsent te slag, is nié die oplossing nie.

So sê ander

The Washington Post, 24 July 2018

How long will Republicans debase themselves to Trump’s petty whims?

To gauge the corrosive effects of Trumpism, do not look only at how the president demeans his office daily.

Look also at how, from some combination of fear, coercion and willing appeasement, members of President Trump’s party who should know better debase themselves — and degrade Americans’ faith in their system of justice — in service of his petty whims.

The Justice Department on Saturday released the warrant applications that investigators submitted to the Foreign Intelligence Surveillance Court asking for permission to surveil former Trump adviser Carter Page. Mr. Trump and his enablers have made the documents central to their claims of FBI bias in its conduct of the Russia probe. In fact, the documents show that the investigative process was sound and the Republican narrative is paranoid, cynical or both.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!