Moenie meer tou uitrol
Moenie meer tou uitrol

Moenie meer tou uitrol

Dani Booysen
Dit is lankal nie meer ongewoon vir Namibiërs om te lees dat een of ander staatsonderneming (SOE) nie wetlike finansiële verpligtinge nakom nie.

Die huidige resessie mag nie as verskoning hiervoor dien nie.

Nuus dat die nasionale uitsaaier, die NBC, N$15 miljoen aan sy mediesefonds skuld, bly desondanks skandalig.

Terselfdertyd is werknemers se bydrae tot die NBC se pensioenfonds vir ander doeleindes aangewend.

Dat sekere staatsinstelling nie belasting- of ander statutêre betalings nakom nie en sulke skuld tot etlike miljoene dollar laat oploop, is ‘n algemene bevinding in ondersoeke deur die kantoor van die ouditeur-generaal (OG).

Een gesprekspunt in die verband handel oor die OG se praktiese magte en die gebrek aan wetlike en selfs kriminele optrede.

Inderdaad het die NBC se sake baie verbeter sedert daar met regrukplanne begin is. Juis daarom dat die nuwe feite uiters kommerwekkend is.

Die regering se prekêre finansiële posisie gaan geensins verbeter deur links en regs kontantinspuitings by SOE’s te doen nie.

Die uitdrukking lui dat jy net genoeg tou hoef uit te rol voor die booswig homself daarmee sal hang.

Met herhaalde reddingsboeie – sonder enige optrede of strawwe – hou die regering lyke soos die Padkontrakteursmaatskappy (RCC) en ander staatsondernemings bloot kunsmatig aan die lewe. En nuwe besture en direksies kry die boodskap dat hulle maar net weer dieselfde optrede kan herhaal.

Nooit word ‘n voorbeeld gestel deur koppe te laat rol nie.

So sê ander

30 Junie 2017

Leeu-beendere na China is 'n dwase besluit

Die dwase besluit van Edna Molewa, minister van omgewingsake, om jaarliks 800 leeuskelette na die Ooste uit te voer, hou niks goed vir natuurbewaring en die toekoms van ekotoerisme in Suid-Afrika in nie.

Terwyl bewaringsorganisasies mense in die Ooste probeer opvoed dat daar geen medisinale waarde in die beendere en hare van wilde diere soos renosters en leeus is nie, verleen Molewa legitimiteit daaraan deur die mark vir leeubeendere prakties gesproke te stimuleer.

Sy is waarskynlik ook aan die neus gelei deur ’n klomp leeu-“boere” wat opgeskeep sit met sowat 8 000 halfmak leeus wat in hokke aangehou word.

Dis al oor en oor bewys dat die bewaring van die natuur en die bevordering van ekotoerisme die beste manier is om diere en plante verantwoordelik en volhoubaar te benut.

’n Baie groter en standhoudende inkomste kan op lang termyn daarmee verdien word.

• NETWERK24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!