Moenie net droom nie, doen iets!

Lloyd Zandberg
Stefan Ludik is ‘n musikant, TV-persoonlikheid en akteur. Hy was die eerste Namibiese deelnemer aan Big Brother Africa. Hy het ook ander TV-draaie gemaak in onder meer Egoli, Transito en Binnelanders. Op die musiekfront het Stefan as Ludik opgetree en onlangs as Elvis se Seun naam gemaak. In 2011 het hy ’n Afrotainment Museke Online Africa Music Award (Moama) vir die beste alternatiewe liedjie gewen met “Black Girl, White Boy” wat hy saam met die Namibiese vroue-duo, Gal Level, opgeneem het.

Vertel ons bietjie meer oor Elvis se Seun. Watter soort musiek is dit en hoekom het jy juis op dié genre besluit?

Ná my verskyning op Big Brother het ek geweldige ondersteuning van die Engelse mark in Namibië gekry en ek was baie dankbaar hiervoor. Ek het toe probeer om meer Engelse hip hop- en rockmusiek te maak. Ek het ook groot ondersteuning van die Afrikaanse mark gekry weens my rolle in Afrikaanse sepies. Ek probeer alle gehore met my musiek te akkommodeer, en het dus op Elvis se Seun besluit.

Watter rol wat jy vertolk het, het jy die meeste geniet?

Sjoe, ja, dit is ‘n strikvraag. Almal het hul oomblikke gehad. Ek dink my gunsteling was my rol in Egoli. Dit was ‘n uitdaging, maar ook ’n lekker leerskool vir my. Ek was inderdaad aan die diepkant ingegooi. Ek het nie drama geswot nie, maar het baie ondervinding op Egoli se stel opgedoen. Egoli het fantastiese akteurs gehad by wie ek net kon leer. Dit was ‘n eer. Ek het ook die geleentheid gehad om Egoli Nambië toe te bring met die hulp van plaaslike borge. Die hoofdoel was om meer Namibiese talent op die kassie te sien. Dit was ‘n oomblik van trots vir my.

Wat sal jy as ‘n slegte tyd in jou lewe beskou?

Ek was baie waaghalsig toe ek van Namibië af Johannesburg toe trek. Ek het geen familie in Johannesburg gehad nie. Ek het groot drome en aspirasies gehad, maar geen familie wat my daar kon ondersteun nie. Ek moes basies baie skoolgeld betaal, baie kanse vat en baie lesse leer. In ’n stadium moes ek alles tydens my opnames self betaal. Verskriklik baie geld gaan in opnames en verfilming in en nie baie mense verstaan dit nie. Ek het in ‘n stadium ook baie geld verloor en moes my kar, bus en klanktoerusting verkoop. Alles wat ek vir myself opgebou het, het ek in ‘n oogwink net so verloor. Omdat die bedryf onvoorspelbaar is, was daar tye wat dit broekskeur met my gegaan het. Ek verdien nie ‘n salaris nie. Al die geld wat ek maak, gaan net so weer terug in my musiek- en klanktoerusting in. Dit was omtrent so 4/5 jaar gelede en dit het baie harde werk gekos om deur daai fase te kom.

Is dit wat jy nou doen iets wat jy nog altyd wou doen?

Ek is meer van ‘n liedjieskrywer. Ek wou nog altyd liedjies skryf en mense vermaak. So, ja, ek doen presies wat ek nog altyd wou doen. Ek is mal daaroor. Dit het natuurlik sy uitdagings, maar dit is presies wat ek wil doen. Die bevrediging wat ek kry wanneer mense my musiek koop en vir my sê hoe baie hulle my musiek geniet, is oorweldigend. Dit maak alles die moeite werd.

Wat is jou grootste sukses tot dusver?

Daar was al baie trotse oomblikke in my lewe, veral toe ek meer tyd gehad het om projekte in Namibië te hê. Ek dink ons het een van die mooiste lande met die mooiste mense ter wêreld. Om die Hart van Windhoek-musiekfees vir Huisgenoot te doen en Egoli Namibië toe te bring, was ’n groot sukses. Ons het ook deur sowat 400 skole getoer met die ondersteuning van die ministerie van onderwys. Dit was trotse oomblikke vir my.

As jy kans kry om TV te kyk, wat kyk jy?

Ek is mal oor die DMX-kanale en die ou rockmusiek wat daarop speel. Ek voel partykeer ek het in my vorige lewe in die 50's of 60's geleef.

Hoe het MultiChoice Namibia jou lewe verryk?

Ek het geweet ek gaan myself iewers in die musiekbedryf inkry en toe die Big Brother-geleentheid opkom, het ek ingeskryf. Dit is weens groot seën en goeie geluk dat ek vandag is waar ek is, hoewel dit baie werk gekos het. Jy kan nie net vir ‘n kompetisie inskryf en verwag alles gaan vanself gebeur nie. Ek moes groot risiko’s neem. Ek moes uit Namibië trek, my goed verkoop, goed weer aankoop en 14 jaar later doen ek dit steeds. Die geleenthede wat ná my verkyning op Big Brother oor my pad gekom het, het my lewe totaal verander en verryk.

Wat is volgende vir Stefan Ludik?

Ek is meestal op albums gefokus. Ek het hierdie jaar baie optredes met Elvis se Seun. Ek hoop ek kan binne die volgende twee tot vier jaar terug Namibië toe trek. Ek wil meer projekte in my land begin. Dit sal vir my fantasties wees om weer in ons mooi land te kan woon.

Het jy raad vir iemand wat sy drome wil bewaarheid?

Jy moet eerstens ‘n droom hê. Maak dan die sprong en glo in jouself. Drome is goed, maar dit vereis harde werk om dit ’n werklikheid te maak en dit is nie eers gewaarborg nie. Sekere dinge neem tyd, maar geniet die reis.

Kommentaar

Republikein 2024-09-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.57 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.01 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 610.23/OZ UP +0.89% | Copper US$ 4.34/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 925.50/T DOWN -0.39% | Brent Crude Oil US$ 74.54/BBP DOWN -0.0046 | Platinum US$ 987.92/OZ UP +0.53% Sport results: LaLiga: Leganés 0 vs 2 Athletic Club | Real Betis 2 vs 1 Getafe | Mallorca 1 vs 0 Real Sociedad Weather: Katima Mulilo: 25° | 39° Rundu: 20° | 39° Eenhana: 17° | 36° Oshakati: 15° | 34° Ruacana: 16° | 35° Tsumeb: 19° | 34° Otjiwarongo: 13° | 32° Omaruru: 14° | 32° Windhoek: 11° | 28° Gobabis: 9° | 30° Henties Bay: 11° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: W, Low tide: 06:23, High tide: 12:53, Low Tide: 19:02, High tide: 01:16 Swakopmund: 12° | 14° Wind speed: 22km/h, Wind direction: NW, Low tide: 06:21, High tide: 12:51, Low Tide: 19:00, High tide: 01:14 Walvis Bay: 11° | 17° Wind speed: 23km/h, Wind direction: N, Low tide: 06:21, High tide: 12:50, Low Tide: 19:00, High tide: 01:13 Rehoboth: 7° | 29° Mariental: 7° | 26° Keetmanshoop: 6° | 24° Aranos: 6° | 27° Lüderitz: 14° | 27° Ariamsvlei: 6° | 23° Oranjemund: 15° | 30° Luanda: 22° | 24° Gaborone: 11° | 17° Lubumbashi: 18° | 36° Mbabane: 8° | 9° Maseru: 3° | 13° Antananarivo: 11° | 28° Lilongwe: 21° | 31° Maputo: 14° | 15° Windhoek: 11° | 28° Cape Town: 10° | 21° Durban: 13° | 14° Johannesburg: 7° | 9° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 21° | 34° Harare: 17° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.29 | EUR to NAD 19.59 | CNY to NAD 2.49 | USD to NAD 17.57 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.29 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.23 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.01 | USD to AOA 926.84 | USD to BWP 13.17 | USD to EGP 48.48 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1593.37 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.35 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1838.95 Up +1.41% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14184.33 Up +0.68% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30937.69 Up +1.96% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 610.23/OZ UP +0.89% | Copper US$ 4.34/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 925.50/T DOWN -0.39% | Brent Crude Oil US$ 74.54/BBP DOWN -0.0046 | Platinum US$ 987.92/OZ UP +0.53%