Moenie onder die bloedmaan slaap nie
Elvira Hattingh - “Wanneer jy gaan slaap, trek die gordyne dig toe om die maanlig weg te hou. Dit is aanstootlik en skadelik vir die mensebrein, veral van dié wat slaap.
“Diegene wat onder die lig van ‘n volmaan slaap, staan ‘n kans om mal of blind te raak of selfs in ‘n weerwolf te verander. Maar moenie bekommerd wees nie, laasgenoemde is net ‘n risiko as jy op Vrydagaande onder die maan sou slaap.”
Aldus die raad wat in ‘n 1621-gids tot ‘n gesonde leefstyl gegee word.
Dís nie al nie. Selfs nog in die laat 1950’s het ma’s glo geweier om hul babas se doeke in die maanlig op te hang omdat dit tot teëspoed sou lei.
Bygelowe oor die maan het tot vandag toe nog nie gaan lê nie. Selfs die nugterste mense moet erken báie toevallige gebeurtenisse gaan saam met die totale maansverduistering van Vrydag 27 Julie voorkom.
Die maan sal glo van vroegaand af reeds rooi verkleur in aanloop tot die langste algehele maansverduistering vir die 21ste eeu – altesaam 103 minute lank.
Nog meer, die rooi planeet, Mars, sal ook sy verskyning reg langs die maan maak, terwyl dit tans besig is om sy naaste punt sedert Augustus 2003 aan die aarde te bereik. Die afstand tussen Mars en die aarde, wat gewoonlik sowat 225 miljoen km is, sal net sowat 58 miljoen km wees. Tot 2035 sal dit nie weer so naby kom nie.
Daar’s meer – Mars bereik Vrydag ook opposisie, wat beteken die son, aarde en Mars sal ‘n reguit lyn vorm met die aarde in die middel.
Daar is weer doemprofete wat “Armageddon!” roep en beweer ‘n vulkaan in Hawai gaan ’n onbeheerbare uitbarsting hê en die aarde verswelg.
Moderne bygelowe sluit in dat sommige mense in hierdie tyd effens irrasioneel sal begin optree, en dokters en polisiebeamptes vertel soms hoe hulle bykomende skofte tydens volmaan moet werk.
Vóór moderne wetenskap het kulture oor die wêreld heen probeer om sin te maak van waarom die maan soms bloedrooi raak. Duiwels wat aan die plunder raak, troeteldiere wat moorddadig raak en luiperds wat bloeddorstig begin jag, is as redes aangevoer.
Sommige Buddhiste glo enige goeie dade wat jy tydens ‘n maansverduistering pleeg, sal verveelvoudig. Dieselfde geld vir slegte dade.
Die Batammaliba-mense in Togo en Benin glo tydens ‘n maanverduistering is die maan en die son in ‘n tweestryd gewikkel en mense moet hulle aanmoedig om dit te staak. Dit is glo ook die ideale tyd om jou eie vetes uit te klaar.
Wat jy ookal doen, meen mense van die Britse eilande, moenie na die volmaan staar of nege keer daarna wys nie. Die man op die maan dink dit is uiters onbeskof en gevolglik sal jy toegang tot die hemel geweier word.
Nét so.
Moenie na die maansverduistering deur ’n bril of glas kyk nie, jy sal 30 dae se ongeluk ervaar. Jong meisies – oppas, jy kan glo ongewens swanger raak. Moenie daarna kyk nie, moenie uit die huis gaan nie.
Dit herinner my aan een van my gunsteling- goue oues: Creedence Clearwater Revival se “Bad Moon Rising”.
“I see the bad moon arising, I see trouble on the way. I see earthquakes and lightnin', I see bad times today. Don't go around tonight. Well, it's bound to take your life, there's a bad moon on the rise!”
Hoe ookal, moenie Vrydagaand se bloedmaan misloop nie: Noem dit ‘n natuurwonder, ‘n skouspel in die hemelruim en wees dankbaar vir moderne wetenskap.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie