Moenie ons regte opoffer nie
MARTIN DENTLINGER SKRYF:
Om die aard en funksie van die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) te verstaan, moet dit begryp word as 'n private samelewing en private kontrakvereniging, met sy eie private jurisdiksie en sy ekklesiastiese hof en privaat bank (die Baster Kas), wat die welvaart in die hand van die eienaar laat beland en nie die mense wat gebruiklik die luuksheid van blink motors en dubbel verdiepings eien nie.
Jy moet die grondslag daarvan verstaan, asook die aard van die samelewing, voordat jy kommentaar daaroor lewer en gewig wil rondgooi.
Alles in die wet gaan oor wettigheid. Die waarde en toepassing van die private vereniging se jurisdiksie is die grondslag vir deelname in onderwysing en proses.
In 1872 toe die Gemeente die Unie verlaat het en die grens oorgesteek het en in die geografiese gebied, SWA, aangekom het, was daar nie so iets soos 'n onderdaan van 'n Westerse beheerde ligaam nie. Dus was alle stamme in SWA sowereine entiteite in eie privaat reg en dit is onder hierdie privaat jurisdiksie waaronder Rehoboth met die grensbeskrywing van 'n gekarteerde Basterland en ander prima facie bewyse bekom is.
Wanneer ons praat oor soewereiniteit is die enigste een wat soewerein kan wees 'n man of 'n privaat assosiasie, soos die RBG, wat wetlik substantief sonder enige vreemde eise soos verbande of huurkontrakte of grondtoekennings deur die kroon sy eis van sy reg op die grond hou. Enigiets kort hieraan, is nie soewerein nie.
Statusherstel is moontlik en resolusies kan versnel word, wat beteken dat alles wat voorheen onderdruk, geïgnoreer of ontken is na die oppervlak sal opdryf en dan gekonfronteer sal word en in die reine gebring moet word.
Persoonlik is ons gebonde aan ons kontrakte en daarom moet ons bewus wees van wat daardie kontrakte is. As hulle nie meer in lyn is met wat hierin genoem word nie en wie onsself besluit om hier en nou te wees nie, dan kan hulle herroep en beëindig word ab initio en nunc pro tunc (aan die begin en asof hulle nooit was nie), maar sodoende moet die rekeninge betaal word en solvensie herwin word.
Daarin lê die kruks. Daarin lê die harde werk. Daarom sal dit katastrofies wees om erkenning van die Namibiese regering te aanvaar onder hulle Tradisionele Owerheidswet as die RBG ooit hulle grond wil herwin. Of deel te hê aan die regering se grondhervormingslenters, sonder om hierdie stand en status te handhaaf.
Ekwiteit skep slegs wette vir sy onderdane (die fiksie/trust van die Rehoboth-regering wat voor onafhanklikheid ontbind was en nie die RBG nie!), binne die fiksie (trust) self, en niemand in ekwiteit is direk onderhewig aan die gemenereg van die monargie nie. Basies beteken dit as jy nie deur die “Queens Bench” was nie, kry jy nie jou grond terug nie.
Hierdie suiwer trustorganisasie ("RBG") was verklaar om geskep te word deur 'n kontrak wat in die Vaderlike Wet gevestig is, 'n privaat kontrak wat ingevolge die kontraktereg ingestel is, en dit moet geadministreer word deur die Baster Hof en die wetlik verkose Kaptein en Raad as trustees wat as gemagtigde verteenwoordigers verkies en of aangestel word as agente. Alle voordelige belang hierin word geag in dieselfde status as hierdie trust of boedel te wees.
Hierdie kontrak is nie 'n statutêre trust of assosiasie nie. Alle interpretasies sal onder die kontraktereg en privaatreg van die Hof van die Ekklesia wees. Vir leiding, vir alle betrokke partye, insluitend arbitrasie, tribunale en howe, word verwys na regsaanhalings en verskeie hofbeslissings met betrekking tot suiwer trustorganisasies en bedingde kollektiewe regte, uitgesluit die medevennootskapsverhouding, wat nie van toepassing is nie, maar insluitende die Hooggeregshof van Namibië.
Die kontrak met die monargie oor die vestiging van Namibië as lid van die Statebond is van die gemenereg wat aan die regseenhede die bevoegdhede verleen om sake van billikheid te reguleer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie