Moenie oor ons voorvaderlike grond pleit nie
Moenie oor ons voorvaderlike grond pleit nie

Moenie oor ons voorvaderlike grond pleit nie

Mandy Rittmann
MARTIN DENTLINGER SKRYF:

Die belaglikheid van die onteiening van die Rehoboth Basterboedel op gesag van skedule vyf wat lees:

(1) "Alle eiendom waarvan die eiendomsreg of kontrole onmiddelik voor die datum van onafhanklikheid aan die Regering van die gebied Suidwes-Afrika behoort het, of aan enige Verteenwoordige Owerheid ingestel ooreenkomstig die proklamasie op Verteenwoodigende Owerhede 1980 (Proklamasie AG8 van 1980) of van die Regering van Rehoboth of aan enige ander organisasie, statute of andersins, wat tot voordeel van die Regering of owerheid ingestel is, onmiddelik voor die datum van onafhanklikheid of wat in “trust” gehou is vir of namens die Regering van ’n onafhanklike Namibië, moet onder beheer van die Regering van Namibië wees."

Die Engelse weergawe lees “shall be". Shall is an adverb in future time which means there is no now time jurisdiction.

Waar sien u die Rehoboth Baster Gemeente (RBG) in hierdie skedule? Die Rehoboth-regering het nie meer bestaan met die onafhanklikheid van SWA nie. Dit was alreeds in 1989 deur Untag en die administrateur-generaal herroep. Hoe is dit moontlik dat die RBG se boedel na ’n gelikwideerde korporatiewe entiteit, wat nie meer bestaan het nie, en daarna na die Namibiese regering oorgedra word?

Voor onafhanklikheid het Louis Pienaar as trustee die wet 56/76 gerepudieer (verwerp), wat die korpus van die trust aan die oorspronlike begunstigde (RBG) met akte, wet en al terugbesorg het. Met ander woorde, die Rehoboth-regering het nie meer met onafhanklikheid bestaan nie. Net die Vaderlike Wette, kapteinskantoor, locus standi van die kaptein en bates in die corpus van die oorspronklike privaat (inter vivos) trust bly voortbestaan en daaraan kon niemand raak nie. Kan u die bedrog sien?

Nou waarom sal daar met die Namibiese regering onder die klug van “ancestral land” uit ’n posisie van onderdaan oor hervorming “gepleit” word? Net ’n slaaf pleit by sy eienaar en die slawe-eienaar kan guns verleen of nie.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!