Moenie skrik vir die oerhaaie in ons waters
Onlangs besluit Gesin des Boois gedurende ‘n naweek op ‘n stukkie ligte vermaak.
Ons blaai in die tuisbioskoop op die grootskerm-TV rond op soek na geskikte kykkos.
Ons vat die aas van The Meg.
Nee, die fliek handel nie oor een of ander superbeeldskone, superslim of superkwaai nooi nie.
Die growwe Jason Statham speel ‘n onderwaterreddingswerker wat ‘n span wetenskaplikes uit die moelikgeit moet help. En in die proses roei hulle die geheime diepseewaters sodat ‘n megalodon vir die eerste keer in 2,6 miljoen jaar weer sy skrikverskyning maak.
Dié uitgesterfte oerhaai, sy naam beteken “Groot Tand”, was na beraming tot 25 meter of 80 voet lank. ‘n Vreetmasjien wat onder meer op walvisse jag gemaak het en meer as 30 ton geweeg het, hoewel die gemiddelde outjie darem nie heeltemal so lank en swaar was nie. As Groot Tand haastig was, kon hy glo vinniger as 20 kilometer per uur deur die water klief. ‘n Tand is al gevind wat 18 sentimeter lank is.
Rrrrrillerrrrr . . .
In een van die mees komiese oomblikke (verligting is nodig wanneer die haaipap te dik aangemaak word) maak Kelly, ‘n piepklein honde-akteurtjie, haar verskyning as Pippin.
Sy is nie soos die jong prins in die gelyknamige Broadway-toneelstuk op soek na betekenis in die lewe nie. Dalk net so ‘n bietjie avontuur?
Pippin, ‘n Yorkie met so ‘n effense pienk tint, beland tydens ‘n bootbruilof in die see en moet gou met haar vier pootjies trap-trap uit meneer oerhaai se bloedige verwoestingspad probeer kom.
Sedert Jaws, die boek in 1974 en Steven Spielberg se film in 1975 en die eerste haaifilms uit die vyftiger- en sestigerjare, bly deel van die genre se suksesresep redelik eenvoudig: Hou so veel as moontlik mense en kinders (en troeteldiere) so lank as moontlik in die water. Aspris of per ongeluk.
Met 2019 grootliks in die truspieëltjie, laat Pippin en Groot Tand vir Dapperrerige Daniëltjie voel soos wanneer ander voertuie op Windhoek se westelike verbypad – van hulle sommer groot trokke – agter jou opdoem en jou karretjie kwansuis sal probeer insluk as jy nie links in die verbode, geel aftrekbaan hou nie.
Groot Bek Skerp Tand voel ook soos die resessie (glo by die afmetings van ‘n depressie) wat ‘n klein terriërtjie – maak nie saak hoe hardekwas sy is nie – in ‘n oogwink kan insluk.
En baie ander nasionale en persoonlike Groot Tande is daar ôk wat om ons in die lewenswaters sirkel.
Misdaad, geslagsgeweld, armoede, apatie, stropery, korrupsie, nie-verantwoording, ‘n padslagting wat dalk maar net tydelik sy tande in sy bek hou, huisnood, oningeligtheid, ons probleme met onderwys en gesondheid, onverdraagsaamheid, daai nuwe tenderraad wat nog sy tande soek . . . En nog baie ander aaklige goed.
Kies maar jou eie haaie?
Maar weet, as ons nie plan maak om hulle te oorwin en te tem nie, gaan ons in 2019 en tot ons eendag self haaikos word maar net almal drywende klein Pippintjies bly.
Om nié jou toon in die see- of swembadwater te steek nie, gaan jou nie kwytskeld of red nie.
Of Pippin opgevreet word, sal jy maar self moet kyk. Hoe megalodon sy moses teëkom? ‘n Klomp “klein” haaitjies kan ‘n aartsmonster gróót moelikgeit gee. Soos olifanteet: happie vir happie . . .
Nuwe jaar, nuwe dekade, nuwe eeu – hande uit die mou. Hier kom ons!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie