Moenie tik en bestuur
Moenie tik en bestuur

Moenie tik en bestuur

MTC en die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) het vir die feesseisoen kragte saamgesnoer om te beklemtoon hoe gevaarlik dit is om SMS’e te stuur terwyl jy bestuur.

MTC het ‘n beroep op alle motoriste gedoen om kommunikasietoestelle te alle tye veilig en verantwoordelik te gebruik.

Die maatskappy het die advertensie-agentskap Advantage Y&R gevra om hiermee te help.

Advantage Y&R het die plaaslike kunstenaar Petrus Amuthenu opdrag gegee om ‘n unieke kunswerk in die tradisionele linosnee-styl vir dié veldtog te skep.

Die kunswerk beeld iemand uit wat ‘n SMS stuur terwyl hy bestuur en dan ‘n boodskap van Die Dood ontvang.

Dit word vergesel deur die frase: “Moenie die dood die finale sê gee nie. Moenie tik en bestuur nie.”

“Ons het teen die normale skoktaktiek besluit en eerder vir ‘n dramatiese benadering gegaan wat die publiek se aandag sal trek en twee keer sal laat dink voor hulle SMS’e stuur terwyl hulle bestuur,” sê Advantage Y&R se skeppende direkteur, mnr. Toufic Beyhum.

MTC ondersteun die veldtog ten volle en het onder meer plakkate en pamflette gedruk wat in die besige reistydperk by padblokkades uitgedeel sal word.

Kommentaar

Republikein 2025-04-19

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer