Moenie toeskouers wees nie
EERW. EDWARD AMADHILA SKRYF:
“And so, my fellow Americans: ask not what your country can do for you – ask what you can do for your country.” – JF Kennedy
So baie Namibiërs verwag die regering moet ons altyd help. Ongelukkig kan die regering nie in al inwoners se behoeftes voldoen nie.
Toe Uis nie water gehad het nie het mnr. Chris Theron mede-Namibiërs gemobiliseer om water na die dorp aan te ry. Hy het nie vir die regering gewag om medeburgers te help nie.
Nou werk mnr. Chris Theron as vrywilliger aan die paaie in Etosha. Die paaie in Etosha is in ‘n baie slegte toestand en hulle het die paaie in die nag geskraap.
Kontak vir mnr. Chris Theron of mnr. Nick Putter as julle ‘n bydrae wil maak.
Daar is meer voorbeelde van mense wat na mede-Namibiërs uitreik. Me. Henriëtte le Grange, wat saam met haar man Lourens tussen Steinhausen en Summerdown boer, is al die “Moeder Theresa van die Suide” genoem oor haar volgehoue pogings die afgelope vier jaar om verligting aan die soms vergete boere in die deel van die land te bring.
Maak ‘n bydrae tot die skenkersfonds by Bank Windhoek, rekeningnommer 8004586880, takkode 483 872.
Nog ‘n voorbeeld is die Dare to Care-inisiatief van die NLU en die unie vir opkomende boere. Skakel die NLU by 061 237838 om jou bydrae te maak om voer aan boere te verskaf in hierdie erge droogte.
Kom ons wees nie net toeskouers nie, maar ‘n deel van die oplossing om ons land te verbeter.
Ons op Tsumeb het ook besluit om ‘n deel van die oplossing eerder as die probleem te wees.
Mense sê Tsumeb is vuil. Wie maak die dorp vuil? Ons, die inwoners van hierdie mooi dorp.
Ons wil Tsumeb binne twee jaar die skoonste dorp in die Noorde maak en binne vier jaar die skoonste dorp in Namibië. Oor ses jaar moet Tsumeb die skoonste dorp in SADC wees en oor agt jaar die skoonste dorp in die hele Afrika.
Ons sal aanhou skoonmaak totdat ons ons twee ander doelwitte bereik: om N$8 850 vir verblyf en N$15 000 vir vervoer in te samel vir die TOV-sentrum vir wees en weerlose kinders se beplande reis na Walvisbaai vanaf 12 tot 17 Augustus.
[email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie